Breyten Breytenbach verjaar

 

 

 

Die digter Breyten Breytenbach verjaar vandag. Breyten, die Versindaba-span en ons lesers wens jou van harte geluk met dié heuglike dag. Mag die jaar wat voorlê vir jou vol verse en vreugde wees!

 

Bookmark and Share

8 Kommentare op “Breyten Breytenbach verjaar”

  1. Breyten Breytenbach :

    Dankie, goeie mense!

    Ek (en Buitetjank Bian Tong saam met my – hy sit hier halfbesope langs my en probeer so wragtag my hand vashou… ook maar lomp) is bo verdienste geseën met die volgehoue en verrykende toewyding aan die vreemde stilskryf, die poësie hier.

    Dis besonder opwindend om die gehalte van al hierdie nuwe werke op die werf te belewe – sommige van ou vertrouelinge soos die glasman en sy mooi gade s’n, ander van stemme van nêrens uit die skeppingsmaalkolk wat my in ootmoed laat wens ek was weer 18 om saam te mag gesels.

    Mens weet nie of mens durf sê jy het so ordentlik (en obstreppers) moontlik dit wat aangegee is deur diepspoorlopers van ‘gister’probeer bewaar om aan te gee aan die digters-strydmakkers van vandag en môre nie. (En sonder om te veel hoenders te steel op die werf.) Wat wel seker is, is dat ek met trots julle mense sou wou voorstel aan van die korrelkop grotes van elders met wie ek bevoorreg was om internasionaal te verkeer. Julle skrik vir niks!

    Wat ook seker is, is dat ek werklik gebaat het in die interaksie, soms, met julle – en nou met genoegdoening die sware stampers (te dikwels sommer net doef-doefgoed) neer mag sit en sê, “ganôg es ganôg.”

    Dankie vir al julle geduld, so lank al. (Vir julle ingehoue bedônnerdheid ook.) En indien ek op te veel tone getrap het – troos julle daaraan dat ek voortaan skoene en sandale gaan probeer maak vir dié wat op die water loop.

    daar kan geen toevalligheid
    in gedigskryf wees nie:
    alles is blote bestiering

    dat jy nie in die val van woorde
    geloop het om toegegooi
    die vergetelheid in te sluk

    (“die vallei van doodskaduwees”)

    En wat ook al vorentoe gebeur – laat ons dit geniet! Poësie is nie doodsaak nie!

    Groetnis

    Bewebors Biantong

  2. Yves T’Sjoen :

    In de Nederlandstalige poëzie is in de jaren tachtig een reeks hommagegedichten geschreven voor Breyten Breytenbach (Bernlef, De Coninck, Komrij, Kopland, Kouwenaar, Lucebert, Schierbeek, Ten Berge, Van Vliet en anderen). Ter gelegenheid van de verjaardag van de meester citeer ik een gedicht van Remco Campert, nestor van de Nederlandse literatuur. Leve pompoendag. Leve Remco en Breyten.
    AAN BREYTEN

    Poëzie is een voorbeeldige daad
    je kunt wel je leven lang elegant
    er doorheen zwijnen
    maar eens gebeurt het toch
    die afrekening met anderen
    en die met jezelf.

    Nu heb je het gedaan
    en je bent hoop ik fier en ongebroken
    nu kan niemand er meer omheen
    nu heb je het voor jezelf zeker gemaakt
    en daarmee voor ons.

    Het is een lang pad naar de dood die vlakbij is.

    Als je er uitkomt
    uit de bleke klauwen van het bijbeldom
    weet ik nooit
    zien we je terug in je oude gedaante

    wij in het moederland
    dat aan jouw vermomming eens geboorte gaf.

    REMCO CAMPERT (Theater, 1979)

  3. CP Naude :

    Geluk, Breyten. Mag elke pampoen in Suid-Afrika vir sy verjaardag ‘n breyten as selfgeskenk kry.

  4. Breyten Breytenbach :

    Nee man, Tjaliepiet! Ons is in volwasse geselskap hier. Dis darem ook die digter se plig om die volk nie so vir koue pampoen die skrik op die lyf jaag nie! En as die vlugtelingbootjies land-uit, kontinent-uit (lewe uit?)nog méér oorlaai moet word sink ons godverdomme mos almal!

  5. CP Naude :

    Ha, nee, nee. Geen pampoen mag ‘n breyten huis toe neem nie. Hy moet dit teruggee aan die einde van sy verjaardag. En niemand mag met ‘n breyten ontvlug nie. Geen breyten vir die kriminele se handsakke of hul sokkies nie.

  6. CP Naude :

    Skuus, ek praat nou lelik. Ek bedoel nie kriminele nie, ons praat dan van pampoene.

  7. Waldemar Gouws :

    “Ek gesels lekker met ‘n pampoen. Hy praat omgewingspolitiek,” het Marthinus Versfeld destyds geskryf.

    Ek het ‘n woord teëgekom wat die kleur van pampoen beduie: guttegom, ook, as mens dit verkies, geelgom.

  8. Annora Eksteen :

    ek is mal oor pampoene
    mens kry soveel soorte
    in alle kleure en groottes
    ek hou maar van die eenvoudiges-aardses
    dies van die Wampanoag
    hulle lê my steeds naby

    baie belik bee bee
    beste
    bibberbakkies bekfluit

Los kommentaar

 

*

  •