AVBOB-Poësieprojek 2019. I wish I’d said, Vol. 3: Opdraggedig
Kontrapunt-taal
’n stad word verlig
in al sy lote en uitloopsels.
heldertes spat aan en af
in die uitgestrekte en geluidlose kantate
van ’n landkaart
as ligorrel.
’n deurstralende en deurskietende ruiker
van elektrifisering
skep ’n skou van bloeisels
in die geboue.
En ’n klawerbordspeler
se ligtende vingers
stoot bone
in die groter rankwerk
waar kontrapuntaal
elke herfs
wêreldwyd
die dood
skal
en laaste woorde
net voor die eerstes
weer sal val.
© Charl-Pierre Naudé, 2020
Volg die onderstaande skakel om in te skryf vir die 2020-Avbob Poësiekompetisie. Groot kontantpryse kan gewen word:
https://www.avbobpoetry.co.za/?gclid=Cj0KCQjwy8f6BRC7ARIsAPIXOjgcXTaM8K11Sp2Zrq7gSws15ib4w4i2bySQ_
AioG2iNlcmBSb0OhiQaAmqpEALw_wcB
(Hierdie is een van die 12 opdraggedigte wat deur AVBOB van 6 Afrikaanse digters aangevra is vir die bundel I wish I’d said, Vol. 3 (Naledi, 2020). Die gedig verskyn nie in die bundel nie, maar ‘n ander gedig van Charl-Pierre Naudé verskyn wel.)
Charl-Pierre kan jy my asb kontak. Gmail werk nie.