Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (20)
Willem van Toorn. Vertaling van Nederlands in Afrikaans. Vert. deur Heilna du Plooy.
De Jongenskamer
Die stad. Kinderjare in die besetting, stof vir dokumentêre
lewenslank later. Eers tog nog die son op die olmbome langs die straat
voor die huis en werkswinkel, son op vrolike somerrokke, op onbesorgde
voetbal Sondae – maar spoedig is die straatligte dood, die vensters
verdonker, deureengevlegde kleefband teen die ruite
vir in geval daar bomme val, skares grou soldate,
marsliedere, adelaars, swastika’s tot die laaste voorjaarsdae.
Die skool dikwels gesluit. W en sy maatjie Rein hygend die straatblokke af
om vóór spertyd tuis te wees. Knarsende motorbande snags,
stewels op die sypaadjie, vuiste teen deure. Bomme net nou en dan,
Euterpestraat, Carlton Hotel, ver van hulle veilige beddens. W se pa
in trane oor die brief met die nuus dat sy ouer broer in die rivierstreek
vermoor is, die ouma, op vlug uit die brandende klein stadjie,
doodgevries in die poolkoue Friesland. W vir goed genees
van die sekerheid dat vaders gode is, wat miskien nog
soms kan lag, maar huil, nooit. Rein se pa sê
die arbeidersoldate van die Rooi Leër
het by Stalingrad die moffe verslaan.
***
Oral altyd jou oë oophou. Systrate
kan gevaar inhou, oë agter blindings,
ronkende engins, geskreeu om hoeke,
swart gedaantes op jag na wat vir hulle
verraad is, verbode radio’s, haastig opgeplakte
plakkate, ’n skrefie lig langs ’n gordyn
wat toe moet wees. Veiligheid slegs te vinde
in die huis wat W ken soos hy nooit weer later
’n huis sou ken nie: die oker lig onder die lampkap
bokant die tafel, die poeiersagte grillerigheid
van die donkergroen fluweelgordyn, die koue
linoleum in die karige kombuis, die presiese hoogte
van die trappe teen jou maermerries,
voel-voel deur die donker gang na die kaal
toilet – hier dring geen vyand, geen dodelike gas
in nie. Hier klink stemme op tussen mure
sonder loergate, soms selfs singend, behoedsaam
fluisterend ook wel, maar veilig, saam.
***
As daar wel skool is, mag die groter kinders
speeltyd buitentoe in Orteliusstraat. Gaan
die sirenes aan die loei moet hulle hardloop,
so vinnig as wat hulle kan, na die kerk,
die Roomse kerk om die hoek. Onder ’n berg sooie
is die skuilkelder. W onthou nie hoeveel keer
hulle op die klam houtbanke moes sit in die reghoekige
vensterlose gat halfpad onder die grond nie.
Slegs ’n dowwe blou lig uit die lantern
van die lugbeskermingsman wat vir jou ’n plek
aanwys. Bloubleek gesigte. Wolkies asem
in die vogtige lug. Wag. Geen gepraat.
Tog die gefluister van twee ou vrouens
met kopdoeke langs hom oor die onuitspreeklike
wat vannag gebeur het: twee mans gevang
en doodgeskiet deur die Duitsers. Seun en pa
uit Witte de Withstraat – ’n naam onlangs
in geskiedenis geleer. Het iets met verset te make.
Daarna die lang geloei dat dit weer veilig is.
Die vrouens loop met knakkerige bene
haastig huis toe op die toegesneeude gragpad.
Die onderwyser sê in ’n ry terug skool toe.
***
Die Jode kry mens in die kinderbybel in die tekeninge by verhale uit die Ou Testament. Hulle het vroeër geleef en het krullerige swart hare en baarde gehad, hulle het lang klere gedra en was die uitverkore volk. Hulle het in die Heilige Land gewoon en het beroemde konings soos Dawid en Salomo gehad. W vind die verhale uit die Ou Testament spannend en soms wreed, soos dié van Noag, of van Josef wat deur sy broers in ’n put gegooi is, oor Simson wie se hare afgesny is, of oor Absalom wat aan sy hare in ’n boom bly hang het. Niemand kan die verhale so bloedstollend vertel soos meneer Beertema nie, maar op ’n dag kom hy nie meer skool toe nie en die groter kinders sê hy het ondergeduik, maar hulle weet nie waarom nie. Die juffrou wat hom kom vervang kan nie boeiend vertel nie, maar kan wel die psalms wat ook met die Bybel te make het, mooi sing. Hoe dit moontlik is dat die klein meneertjie van oorkant die straat ook ’n Jood is, is onverstaanbaar. W en die broers noem hom die klein meneertjie omdat hulle nie weet wat sy naam is nie. Hy woon nog nie lank hier nie en hy het nou ook ondergeduik, dit het W afgelei uit ’n half gehoorde gesprek tussen sy vader en ’n klant in die werkswinkel. Een donker aand, toe die vader en die broers nie tuis was nie, word daar hard op die tussendeur na die bure se woning op die boonste verdieping geslaan en geskree in die gang. Toe W se moeder verskrik die deur oopmaak staan daar twee Duitse soldate voor haar in groengrys uniforms met helmets en gewere. Een skree vir haar waar woon deer maaier, sy word eers rooi en dan doodsbleek en skree terug gaan weg gaan weg ons ken hom nie. Een van die soldate wil haar wegdruk en inkom, maar op daardie oomblik begin die sussie in die wiegie in die hoek van die kamer huil en die ander soldaat trek hom terug in die gang in en hulle gaan stampend die houttrappe af. W voel iets warms teen sy bene afloop en begin ook huil, sy moeder, steeds spierwit, sê gaan was jou in die kombuis, ek bring skoon klere, toemaar sussietjie. Toe W se vader en broers tuiskom vertel sy snikkend en die vader hou haar vas en sê vir W en die broers nou weet ons wat sy naam is, Meier.
***
So hoog. So hoog, daar kan hulle nie bykom
met hulle soekligte en lugafweerwapens nie.
Lyne met wit ink getrek in die laat
donkerblou bokant die polder. Die vliegtuie
soos silwer stoffies teen die agtergrond
van die heelal. Die seuns in die straat
vanaand weet dat dit magtige vriende is
daarbo, onaantasbares, ook al trek
die sirene los soos honderd honde
magteloos aan die tjank. Windstil
hou die stad asem op. Wat laat die strepe
diep in die blou tot waaiers en windvere
en fabelagtige wesens uitwolk? Het die hemel
die lugstrome opgejaag sodat die helde
vinniger na die ooste kan gaan? Hoë wind
sê ’n buurman. En ’n onbekende,
seker Duitsgesind: Amerikaanse bluf.
Dit is nog ure se vlieg na Berlyn.
***
Honger. Wie het die dooies na die kerk toe gebring? Die groot
baksteenskip lyk of hy homself ternouernood
drywend kan hou op die skeiding tussen
die toegesneeude polder en die stad. Rein en W speel voetbal
buite op die voorplein met ’n tuisgemaakte bal,
’n bondel papier met tou om. Die lug loodgrou
bo die vlakte van plaveisel vol sneeu en rommel.
W roep: die deur is oop, en hulle sluip
styf teen die muur langs na die gapende portaal.
Daar lê mense in rye langs die mure,
tussen die banke ook, met lappe toegemaak,
voete na die middelste paadjie. W sien ’n vrou
se stokkiesbene met gebarste klompe.
Op haar maag ’n leë handsak, haar mond
’n wasbleke O sonder tande, sy kyk
met dowwe swart oë na die dak.
Langs haar ’n meisie met ’n deurskynende vel,
’n man, ’n voëlverskrikker in vodde.
Agter in die hoek is die lyke opgestapel. Die seuns
vlug as ’n non by ’n sydeur inkom
met dekens. Tuis in die koue werkswinkel
is skoenmaker Louwere wat snags op sy solder
na die radio uit London luister. Hy beskryf
vir W se vader hoe in die heuwels van Bastenaken
die laaste Duitsers verslaan is. “Dis net ’n dagreis
hiervandaan, man.” Dit is byna verby.
***
Hoe het al die ligte klere tog
winter en dood deurstaan? Die groepies mense
wat op die sypaadjie staan, is wel nog angstig
skraal en bleek van honger, maar die meisies dra
nou vrolike rokke met blompatrone, en baie mans
plotseling somerpakke, ligte hoede, die seuns
plusfours of kortbroeke. Sou hierdie klere, die tekstiel,
deur al die donker jare diep in solderkiste
of dose bewaar, op hoop kon dui? Vir dié wat voor hulle
verbytrek in die lenteson is alle hoop verbeur:
honderde vuil soldate te voet, ’n jongman met net
een been in ’n handkar gestoot deur kamerade,
ander op pas gesteelde fietse, op markwaens
getrek deur perde, selfs in ’n kapkar–
almal ontwapen in ’n daelange
stoet op weg. Moet hulle dalk terug
Duitsland toe loop? Af en toe skreeu
die toeskouers iets honends, maar vreemd
ingetoë staan die meeste sprakeloos en staar
na die skuifelende skoene op die plaveistene
asof hulle nog nie regtig kan glo
wat hulle tog met hulle eie oë sien nie.
***
Slegs enkele dae later, langs dieselfde sypaadjie. Die Amerikaners.
Sterker kan niemand wees nie as die laggende oorwinnaars op hulle tenks,
bruingebrand, met haelwit tande, handevol kougom en sigarette
wat hulle uitstrooi na die grypende hande van bevryde vroue
en meisies langs die pad. Oral rook mense, elegante krulle
uit die monde en sierlike vingers in filmadvertensies
van die herbore bioskope in Wes, Victoria, die Hallen,
Weseinde. Matinee met die broers. Lig soos nog nooit
voorheen gesien nie stroom in luidrugtige strale van die doek af
in jou oë in, dwarsdeur die lang slierte rook bo die koppe
in die saal. Nou sien jy eers hoe spanningsvol die oorlog was.
Spitfires duikel deur die lug, ’n aantreklike man
speel op ’n ukulele en sing “It’s in the air”,
geen wolkie in die lug nie, maar eindeloos mooier nog
is Wonder Man met Danny Kaye, sulke kleure bestaan
dus werklik in Amerika. En moeder se oë toe sy en vader
tuiskom van die Tuschinski af waar sy haar geskok
ingeleef het in Trevor Howard se owerspel in Brief Encounter.
***
In memoriam August Willemsen, wat ook daar was
Mag sigbaar gemaak. Die plein voor die Stadion,
dieselfde Olimpiese stadion van ’28, is omgetower
tot ’n dreunende veemark met ysterbeeste
wat grommend wag om hulle vertoning te lewer,
saamgebring uit die Afrikawoestyn, die heinings
van Normandië, die sneeu van die Ardenne. Dis skemer
sodat ’n seuntjie aan sy pa, buurman, broer moet vashou van vrees
as die Crocodile-vlamwerpers loopgrawe uitbrand,
die Crab-tenks landmyne tot ontploffing teister
onder die verpulwerde straatplaveisel. Tegniek wat die kwaad verslaan,
die lopende band van die dood. Hier sien die volk
wie baas is: nie die ou bose magte nie,
maar die nuwe wêreld wat weer eens moet kom help
en vrede bring met staal en brullende vuur.
***
Die vrolikste ontbyt ooit. Uit die spelende radio
jubelende stemme van oor die hele wêreld
en W se vader wat laggend die eier teen die kant
van sy bord tik: Seuns, nou kom daar nooit weer oorlog nie.
Hoeso, vader? Omdat die Amerikaners
die keiser van Japan verslaan het met
’n nuwe soort bom so verskriklik dat hele stede
wegsmelt in die onbeskryflike hitte,
mense, diere, huise, motors en alles. Nou sal niemand
dit ooit weer waag om selfs aan oorlog te dink nie.
Die foto’s later, die enorme padddastoel bokant
Hiroshima en Nagasaki, die ontelbare dooies,
die verskrikking van die bestraling, die gerugte
dat Hitler ook byna een gehad het, en Stalin.
Maar nou vreugde, fees ooraloor, ’n vrede
wat nooit weer sal verbygaan nie. Witbrood uit Swede,
nog geen koffie nie, geen botter nie, maar margarine
wel nog per koepon, maar nogtans. Dit is geluk.
***
De Jongenskamer
Willem van Toorn
De stad. Bezette kinderjaren, goed voor documentaires
een later leven lang. Eerst nog wel zon op die iepen aan de weg
voor huis en werkplaats, zon op vrolijke zomerjurken, op onbezorgd
zondags voetbal – maar algauw de straatlantaarns uit, verduisterd
de ramen, vlechtwerken van plakband op de ruiten
voor als de bommen komen, scharen grauwe soldaten,
marsgezang, adelaars, swastika’s tot aan de laatste voorjaarsdagen.
Vaak geen school. W en zijn vriendje Rein hijgend langs de huizenblokken
om vóór spertyd binnen te zijn. Knarsende auto’s ’s nachts,
laarzen op het trottoir, vuisten op deuren. Bommen maar af en toe,
Euterpestraat, Carlton Hotel, ver van hun bed. W’s vader huilend
boven de brief die zegt dat zijn grote broer in het rivierenland
is vermoord, de grootmoeder, verjaagd uit de brandende kleine stad,
is doodgevroren in een arctisch Friesland. W dan voorgoed genezen
van de zekerheid dat vaders goden zijn, die misschien wel
lachen kunnen soms maar huilen nooit. Zegt Reins vader
dat de arbeiderssoldaten van het Rode Leger
bij Stalingrad de moffen hebben verslagen.
***
Overal altijd je ogen openhouden. Zijstraten
kunnen gevaar herbergen, ogen achter blinden,
ronkende motoren, geschreeuw om hoeken,
zwarte gedaanten op jacht naar tekens van wat zij
verraad vinden, gepeilde radio’s, haastig aangeplakte
berichten, een kier van licht langs een gordijn
dat dicht moet zijn. Veiligheid alleen te vinden
in het huis dat W kent zoals hij nooit meer huizen
zal kennen later: het okeren licht onder de lampenkap
boven de tafel, het poederig rilgevoel van het
donkergroen fluwelen gordijn, het koude zeil
in de karige keuken, de preciese hoogte
van de traptreden tegen je schenen, op de tast
de weg door de donkere gang naar de naakte
wc – hier dringt geen vijand, geen dodelijke gast
binnen. Hier klinken stemmen tussen muren
zonder gluurgaten, zingend soms zelfs, behoedzaam
fluisterend ook wel, maar veilig, samen.
***
Als er wel school is mogen in het speelkwartier
de groten buiten in de Orteliusstraat. Bij het gejank
van de sirenes moeten ze zo hard
als ze maar kunnen rennen naar de kerk,
de roomse, om de hoek. Onder een berg
aarde met plaggen is de schuilkelder. W weet niet hoe vaak
ze al op de klamme houten banken zaten
in het rechthoekig raamloos hol half in de grond.
Een dofblauw licht alleen van de lantaarn
van de man van de luchtbescherming die je je plaats
aanwijst. Blauwbleken gezichten. Wolken van adem
in de vochtige lucht. Wachten. Niet praten.
Gefluister toch van de twee oude vrouwen
naast hem, sjaals om hun hooft, over het onzegbare
dat vannacht is gebeurd: twee mannen opgepakt
en doodgeschoten door de Duitsers. Zoon en vader
uit de Witte de With – een naam nog pas
geleerd bij geschiedenis. Het had met verzet te maken.
Daarna de lange toon dat het weer veilig is.
De vrouwen lopen op brekelijke benen
haastig naar huis langs de besneeude kade.
De meester zegt in de rij terug naar de klas.
***
De Joden staan in de kinderbijbel getekend bij verhalen van
het Oude Testament. Ze leefden vroeger en hadden krullend zwart
haar en baarden, droegen lange gewaden en waren het uitverkoren
volk. Ze woonden in het Heilige Land en hadden beroemde koningen
als David en Salomo. W vindt de verhalen uit het Oude Testament
spannend en soms wreed, zoals dat van Noach, of over Jozef die door
zijn broers in de put werd gegooid, over Simson wiens haar wordt
afgesneden, of over Absalom die aan zijn haren in de boom blijft
hangen. Niemand kan ze so bloedstollend vertellen als meneer
Beertema, maar hij komt op een dag niet meer naar school en de
grote kinderen zeggen dat hij is ondergedoken, maar ze weten niet
waarom. De mevrouw die hem komt vervangen kan niet spannend
vertellen, maar wel mooi de psalmen zingen die ook met de Bijbel te
maken hebben. Hoe het kan dat het kleine meneertje van de overkant
ook een Jood is, is onbegrijpelijk. W en de broers noemen hem het
kleine meneertje omdat ze zijn naam niet weten. Hij woont hier nog
niet lang en ook hij is nu ondergedoken, dat heeft W begrepen uit een
half gehoord gefluisterd gesprek tussen zijn vader en een klant in de
werkplaats.Op een donkere avond als de vader en de broers niet
thuis zijn wordt er hard op de tussendeur naar de bovenwoning van
de buren gebonkt en geschreeuw in de gang. Als zijn moeder
geschrokken de deur opendoet staan er twee Duitse soldaten voor
haar in grijsgroene uniformen met helmen en geweren. Eén
schreeuwt tegen haar wo woont deer maaier, ze wordt eerst rood en
dan doodsbleek en schreeuwt terug ga weg, ga weg die kennen wij
niet. Een van de soldaten wil haar opzijduwen en binnenkomen,
maar op dat moment begint het zusje in de wieg in de hoek van de
kamer te huilen en de andere soldaat trekt hem terug de gang in en ze
gaan bonkend op de houten treden naar beneden. W voelt iets warms
langs zijn benen lopen en begint ook te huilen, zijn moeder, nog
steeds spierwit, zegt ga je in de keuken wassen, ik breng schoon goed,
stil maar, meisje. Als W’s vader en de broers thuiskomen vertelt ze
het snikkend en de vader houdt haar vast en zegt tegen W en de
broers nu weten hoe hij heet, Meier.
***
Zo hoog. Zo hoog, daar kunnen ze niet bij
met hun zoeklichten en afweergeschut.
Lijnen met witte inkt getrokken in het laat
donkerblauw boven de polder. De vliegmachines klein
als zilveren stofjes op het achterdoek
van het heelal. De jongens in de avondstraat
weten dat het machtige vrienden zijn
daarboven, onaantastbaren, ook al slaat
het luchtalarm als honderd honden aan,
jankend van onmacht. Windstil houdt de stad
haar adem in. Hoe dan toch de strepen
diep in het blauw tot waaiers en windveren
en fabelwezens uitwolken? Heeft de hemel
de luchtstromen verheven opdat deze helden
sneller naar het oosten kunnen? Hoge wind
zegt een buurman. En een onbekende:
Amerikaanse bluf. Die moet fout zijn.
Het is nog uren vliegen naar Berlijn.
***
Honger. Wie heeft de doden in de kerk gebracht? Het groter
bakstenen schip lijkt zich ternauwernood
drijvend te kunnen houden op de scheidslijn tussen
besneeuwde polder en stad. Rein en W voetballen buiten
op het voorplein met een zelfgemaakte bal,
een prop papier met touw erom. De lucht loodgrauw
boven de steenvlakte vol vuile sneeuw en afval.
W roept: de deur staat open, en ze sluipen
dicht langs de muur naar het gapend portaal.
Er liggen mensen in rijen langs de wanden,
tussen de banken ook, met lappen afgedekt,
voeten naar het middenpad. W ziet van een vrouw
stokdunne benen met gebarste klompen.
Op haar buik een lege handtas, haar mond
een wasbleke O zonder tanden, ze kijkt
met matte zwarte ogen naar het dak.
Naast haar een meisje met doorzichtig vel,
een man, vogelverschrikker met vodden aan.
Achter in de hoek zijn de lijken opgestapeld. De jongens
vluchten als door een zijdeur een kleine non
dekens komt brengen. Thuis in de kille werkplaats
schoenmaker De Louwere die op zijn zolder ’s nachts
naar de radio uit London luistert. Hij beschrijft aan
W’s vader hoe in de heuvels van Bastenaken
de laatste Duitsers zijn verslagen. “Maar één dag
reizen hiervandaan, jongen.” Het is haast gedaan.
***
Hoe hebben al die lichte kleren toch
winter en dood doorstaan? De groepjes mensen
die langs de stoeprand staan zijn nog wel angstig iel
en bleek van honger, maar meisjes dragen
ineens blije jurken met bloemen, en veel mannen
plotselinge zomerpakken, lichte hoeden, jongens
plusfours of korte broeken. Heeft dat behoed textiel
al die donkere jaren diep in zolderkasten
of dozen hoop betekend? Voor wie nu voor hen langs
trekken in de lentezon is alle hoop verkeken:
honderden morsige soldaten te voet, een eenbenige
jongen in een handkar, geduwd door kameraden,
anderen op nog maar kort geleden
gestolen fietsen, op marktwagens met paarden
ervoor, zelfs in een huifkar – allemaal ontwapend
in een dagenlange stoet op weg. Moeten ze misschien
lopend terug naar Duitsland? Af en toe schreeuwen
toeschouwers iets honends, maar vreemd ingetogen
staan de meesten sprakeloos te staren
naar de schuifelende schoenen op de stenen,
alsof ze nog niet echt mogen geloven
wat ze toch met hun eigen ogen zien.
***
Dagen later maar, aan dezelfde stoeprand. De Amerikanen.
Sterker kan niemand zijn dan die lachende winnaars op hun tanks,
zongebruind, tanden hagelwit, handenvol kauwgum en sigaretten
uitstrooiend naar de grijphanden van bevrijde vrouwen
en meisjes langs de weg. Rook overal, in elegante krullen
van tussen lippen en sierlijke vingers in filmreclames
van de herboren bioscopen in West, Victoria, de Hallen,
West-End. Matinee met de broers. Een nooit eerder gezien
licht stroomt in luide banen van het doek je ogen in,
dwars door de lange slierten rook boven de hoofden
in de zaal. Nu zien ze voor het eerst hoe spannend
de oorlog was. Spitfires buitelen door de lucht, een leuke man
speelt op een ukelele en zingt ‘It’s in the Air’,
geen vuiltje aan de lucht, maar eindeloos veel mooier nog
Wonder Man met Danny Kaye, zulke kleuren bestaan dus
in Amerika. En moeders ogen als ze met vader tuiskomt
uit Tuschinski, waar ze geschokt meeleefden
met Trevor Howards overspel in Brief Encounter.
***
In memoriam August Willemsen, die er ook stond
Macht zichtbaar gemaakt. Het plein voor het Stadion,
het Olympische van ’28 nog, is omgetoverd
tot dreunende veemarkt met ijzeren beesten
die grommerd wachten om hun kunst te tonen,
meegenomen uit de woestijn van Afrika, het heggenland
van Normandië, de sneeuw van de Ardennen. Schemer zodat
een jongen zijn vader, buurman, broer moet vasthouden van huiwer
als de Crocodile-vlammenwerpers loopgraven uitbranden,
Crab-vlegeltanks mijnen tot ontploffing geselen
onder de verpulverde straatstenen. Techniek die het kwaad verslaat,
lopende band van de dood. Hier ziet het volk
wie de baas is: niet de oude boze machten
maar de nieuwe wereld die weer eens te hulp moet komen
en vrede brengt met staal en brullend vuur.
***
Het vrolijkste ontbijt ooit. De radiodistributie aan
met jubelende stemmen van overal ter wereld
en W’s vader die lachend zijn ei tegen de rand
van zijn bord tikt: Jongens, nu komt er nooit meer oorlog.
Hoezo niet, vader? Omdat de Amerikanen
de keizer van Japan hebben verslagen met
een nieuwe bom so vreselijk dat hele steden
wegsmelten in de onbeschrijfelijke hitte,
mense, dieren, huizen, auto’s en al. Nu zal niemand
het ooit meer wagen zelfs maar aan oorlog te denken.
De foto’s later, de enorme paddenstoel boven
Hiroshima en Nagasaki, de ongetelde doden,
de verschrikking van de straling, het gerucht
dat Hitler hem ook bijna had, en Stalin.
Maar nu vreugde, feest alom, een vrede
die nooit meer zal overgaan. Witbrood uit Zweden,
koffie nog niet, geen botter maar margarine
nog op de bon maar toch. Dit is geluk.
Bronverwysing:
Uit: De Jongenskamer – Een gedicht
Willem van Toorn
Amsterdam/Antwerpen: Querido’s Uitgeverij BV
2018