Daniel Hugo. Kersfees in die Karoo

 

Daniel Hugo

 

Kersfees in die Karoo

 

hier roep die klippe dit uit

onder ’n onoorwinlike son

vloei water uit die bergrots

en bloei die soetdoringkroon

 

hier lees jy die landskap

(alles neig tot simboliek)

soos ’n geopende boek:

hier praat God opnuut antiek

 

Prins Albert, Desember 2020

 

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Daniel Hugo. Kersfees in die Karoo”

  1. Enersyds treffende eenvoud. Andersyds eenvoud met diepgang. Zeer bedankt, Daniel.

  2. Gustaf Claassens :

    Hierdie gedig is ‘n omskakeling van woorde in prentjies…. soos ‘n kunsfilm waar die essensie tot mens spreek. Puik.