Thomas Deacon. Saadsak

 

saadsak

 

iewers hóóg bo kamiesberg

pik-pik ‘n swartkraai

op van wyk louw se klein-klein klippie

toe bars die wêreld rondom oop

en uit die diepte klouter ingrid se rooi-rooi kaboutermannetjie met opperman se saadsak

waaruit madeliefies, kort-en langbeen vygiebos

en blou-blou sporrie blom

 

© Thomas Deacon, 2020

 

 

Bookmark and Share

Comments are closed.