Margaret Atwood. Vertaling van Engels in Afrikaans

 

Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (64)

 

Margaret Atwood. Vertaling van Engels in Afrikaans. Vert. deur Helene van der Westhuizen.

 

Innig; Geliefd

 

Dis ou woorde, kwynend nou.

Innig het ek gewens.

Innig het ek verlang na.

Innig het ek hom liefgehad.

 

Ek hou al op die sypaadjie langs;

versigtig, want my verweerde knieë –

waarvoor ek minder omgee as die kak

wat jy jou kan voorstel

omdat daar ander dinge is, belangriker –

wag maar, jy sal sien –

 

die halwe koffie

in die papierkoppie het –

tot my innige spyt –

ʼn plastiekdeksel –

ek probeer onthou wat woorde eens beteken het.

 

Innig; geliefd.

Hoe is dit gebruik?

Geliefdes.

Geliefdes, ons is vergader.

Geliefdes, ons is hier vergader –

in dié vergete fotoalbum

waarop ek onlangs afgekom het.

 

Kwynend nou – verdof, verbleik;

die sepias, die swart en wit,  die kleurkiekies,

almal soveel jonger.

Die Polaroids.

Wat is ʼn Polaroid vra die pasgeborene.

Pas gebore ʼn dekade gelede.

 

Hoe verduidelik ek?

Jy het die foto geneem en dan kom dit onder uit.

Uit wat uit?

Dis die verwarde kyk wat ek dikwels kry.

So moeilik om in die

fynste besonderhede te beskryf hoe –

al die geliefdes hier saam vergader –

hoe ons geleef het.

Ouma het groente geskil op ou koerante

en dit met ʼn wolstringetjie toegebind.

Wat is koerante?

Jy sien wat ek bedoel.

 

Maar stringetjies wol en tou; dié het ons steeds.

Dit bind goed saam.

ʼn String pêrels.

Dis wat hulle sou sê.

Hoe hou jy tred met die dae?

Elkeen glinsterend, elk een alleen.

Elk een dan weg.

Ek het party van hulle in ʼn laai op papier gebêre,

daardie dae, kwynend nou.

Krale kan gebruik word om te tel.

Soos bidsnoere.

Maar ek hou nie van klippe om my nek nie.

 

In hierdie straat is daar baie blomme,

kwynend nou, want dis Meimaand

en stowwerig, en die herfs is hier.

Maande nog voor die Josefslelies en varkore,

blomme van die dood in Suid-Afrika.

Nee, ek is nie mismoedig nie.

Dis net my realiteit.

 

So moeilik om die fynste besonderhede van blomme te omskryf.

Dit is ʼn meeldraad – niks aan te trek nie.

En dit is ʼn stamper – niks te doen met stamp nie.

Dis die fynste besonderhede wat vertalers fnuik –

ook vir my – wat probeer omskryf.

Jy sien wat ek bedoel.

Jy kan afdwaal. Verdwaal.

Woorde kan dit doen.

 

Geliefdes, ons is hier saam vergader

in hierdie toe laai,

kwynend nou. Ek mis julle.

Ek mis die vermistes, dié wat vroeër gegaan het.

Ek mis selfs dié wat nog hier is.

Ek mis julle inniglik.

Diep bedroef is ek oor julle.

 

Droefheid: Dis nog ʼn woord

wat jy nie meer hoor nie.

Ek is diep bedroef.

 

***

 

Dearly

Margaret Atwood

 

It’s an old word, fading now.

Dearly did I wish.

Dearly did I long for.

I loved him dearly.

 

I make my way along the sidewalk

mindfully, because of my wrecked knees

about which I give less of a shit

than you may imagine

since there are other things, more important –

wait for it, you’ll see –

bearing half a coffee

in a paper cup with –

dearly do I regret it –

a plastic lid –

trying to remember what words once meant.

 

Dearly.

How was it used?

Dearly beloved.

Dearly beloved, we are gathered.

Dearly beloved, we are gathered here

in this forgotten photo album

I came across recently.

 

Fading now,

the sepias, the black and whites, the colour prints,

everyone so much younger.

The Polaroids.

What is a Polaroid? asks the newborn.

Newborn a decade ago.

 

How to explain?

You took the picture and then it came out the top.

The top of what?

It’s that baffled look I see a lot.

So hard to describe

the smallest details of how –

all these dearly gathered together –

of how we used to live.

We wrapped up garbage

in newspaper tied with string.

What is newspaper?

You see what I mean.

 

String though, we still have string.

It links things together.

A string of pearls.

That’s what they would say.

How to keep track of the days?

Each one shining, each one alone,

each one then gone.

I’ve kept some of them in a drawer on paper,

those days, fading now.

Beads can be used for counting.

As in rosaries.

But I don’t like stones around my neck.

 

Along this street there are many flowers,

fading now because it is August

and dusty, and heading into fall.

Soon the chrysanthemums will bloom,

flowers of the dead, in France.

Don’t think this is morbid.

It’s just reality.

 

So hard to describe the smallest details of flowers.

This is a stamen, nothing to do with men.

This is a pistil, nothing to do with guns.

It’s the smallest details that foil translators

and myself too, trying to describe.

See what I mean.

You can wander away. You can get lost.

Words can do that.

 

Dearly beloved, gathered here together

in this closed drawer,

fading now, I miss you.

I miss the missing, those who left earlier.

I miss even those who are still here.

I miss you all dearly.

Dearly do I sorrow for you.

 

Sorrow: that’s another word

you don’t hear much any more.

I sorrow dearly.

 

Bronverwysing:

Atwoord, Margaret. 2020. Dearly. Londen: Chatto & Windus – ʼn druknaam van Penguin Random, pp. 118-120

 

 

Bookmark and Share

2 Kommentare op “Margaret Atwood. Vertaling van Engels in Afrikaans”

  1. Salomé Meyer :

    Wat ‘n vertaling – die Engelse weergawe is SO ongelooflike gedig wat in die tyd wat mens net weer moet gewoond raak aan sterflikheid en mense wat nie meer was en ook moontlik nie meer kan wees nie (selfs die wat onmiddelik in jou dampkring is, jou herhinner aan jou NAASTE en nou kom die vertaler en praat van GELIEFD… het summier die veratling by my NOTAS gevoeg saam met die Engelse weergawe. Uitstekend!

  2. Marlise :

    Uitstekende vertaling! Ek het juis onlangs die nuwe bundel, Dearly, van Atwood deurgelees.