Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
6 January 20216 January 2021

RIV Leon Strydom (27.2.1944 – 4.1.2021)

Die bekende digter en literatuurwetenskaplike, prof. Leon Strydom, is op 4 Januarie 2021 aan Covid-19 oorlede.

Strydom sal onthou word as hoogleraar in Literatuurwetenskap aan die UOVS. Hy publiseer twee digbundels, naamlik Geleentheidsverse en L.S., asook ‘n studie Oor die eenheid van die digbundel met verwysing na N.P. van Wyk Louw se Gestaltes en diere. ‘n Studie oor die skilder Frans Claerhout se reeks Die sonnevanger het eweneens uit sy pen verskyn.

Namens Versindaba, ons innige meegevoel aan die digter se naasbestaandes.

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Johann Lodewyk Marais. Leon Strydom wys na sy horlosie
Nuwe Bundel. Leon Strydom: mensig →

3e gedagtes oor “RIV Leon Strydom (27.2.1944 – 4.1.2021)”

  1. Helize van Vuuren says:
    6 January 2021 at 14:38

    In 1977 het ek as komparatis saam met Leon gewerk in sy departement by die UOVS. Veral onthou ek hom vir sy humorsin (soos in die beroemde vers waarin die “windpomp” alhoe later alhoe “kwater” pomp – hy’t my eendag saamgesleep na die kommunale teekamer waar ‘n besoekende Britse wiskundige sou praat. Onvergeetlik van hoe swak die Vrystaters se beheer oor Engels indertyd was, is die ENGELSE professor aan die UOVS in 1977, wat die besoekende eminensie voorgestel het as ‘n man “who has travelled all around the bulb”…
    Agterna het ons gejil van plesier oor dié uitdrukking.
    Mag hy rus in vrede. Ons sal onthou. En sy “Windpomp” sal bly draai

    Reply
  2. Johann Lodewyk Marais says:
    6 January 2021 at 13:01

    Leon Strydom se vernuftig gestruktureerde, woordgevoelige en dikwels eienaardig kriptiese verse met hul veelvuldige betekenisse boei my.

    Reply
  3. Francis Galloway says:
    6 January 2021 at 10:44

    Leon Strydom was sedert 1976 dosent in Algemene Literatuurwetenskap aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat en in 1978 is hy bevorder tot hoogleraar.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Jacques Boshoff. Ontoereikend
  • Sharon Goliath. Here Hoe Groot Is U
  • Ruan Fourie. kindness is modern magic
  • Cobus Kruger. Deepfakes

Nuutste bydraes

  • Daniel Hugo. Rust-mijn-ziel: Digters gedenk Aucamp
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Elisma van Zyl. My Magnificat
  • Johann Lodewyk Marais. Windhoek se “onvolmaakte” kunswerk
  • Resensie: “waar daar eens ’n see was” (Jennifer Pape)

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Rus in vrede Tony Ullyatt10 December 2025

    Voorwaar droewe nuus. As letterkundedosent, digter en poësievertaler ‘n uitmunter gewees.

  2. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  3. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  4. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  5. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d