Lucas Malan. Vertaling in Engels
Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (93)
Lucas Malan. Vertaling van Afrikaans in Engels. Vert. deur Marieta McGrath.
Growing
It can’t be helped:
the years pile exponentially,
you bend, become more grounded
and tend towards the earth;
It’s just as well
you carry all those scars
and as time grows,
soften to decay;
how else
could we be made
unrecognisably humane?
***
Groei
Lucas Malan
Hoe ook al:
die jare stapel in kwadraat,
mens buig jou langsaam grondiger
en kry ‘n neiging aarde toe;
net so wel
dat jy die letsels daarvan dra
en al hoe buigsamer verval
in vergelykings met die tyd;
hoe anders
sou ons onherkenbaar slyt
tot afgeronde menslikheid?
Bronverwysing:
Brink, André P. (Samesteller). Groot Verseboek. 2008. Kaapstad: Tafelberg (p. 898)