Gaius Valerius Catullus. Vertaling in Afrikaans
Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte (101)
Gaius Valerius Catullus. Vertaling van Latyn in Afrikaans. Vert. deur Jean Meiring.
Catullus se sesde vers
Slegs, Flavius, as jou lief skurf en onfatsoenlik
was, sou jy nie vir Catullus oor haar wou vertel
nie; slegs dán sou jy jou mond só tjoep kon hou.
Maar jou vriendin is seker die een of ander hoerasie
met ‘n hemelhoë koors: jy bloos wanneer jy dit beken.
Want jou bed basuin dit uit dat jy – met die geur van blomme
en ingevoerde oliekolonie deurweek – nie leë nagte om
om dowe neute grafstil lê en stof vergader nie.
Dís ook jou beddegoed se verhaal, dié kant en daai
blinkgeslyt, en waarom jou bed so kap-kap-kap en kreun.
Die feite paal bo die water uit. Mondtoerits help niks.
Hoekom? Want jy sal nie sulke voosgenaaide blaaie
oopvou as jy jou nie met allerlei soutighede verstout nie.
So, sê ons tog wat jy daar in jou hande koester, maak nie
saak nie: mooi of sleg. Ek wil tog só graag vir jou en jou
beminde, in my fyne versie, ten hoogste hemele besing.
***
Carmen 6
Gaius Valerius Catullus
Flavi, delicias tuas Catullo,
ni sint illepidae atque inelegantes,
velles dicere, nec tacere posses.
verum nescio quid febriculosi
scorti diligis: hoc pudet fateri.
nam te non viduas iacere noctes
nequiquam tacitum cubile clamat
sertis ac Syrio fragrans olivo,
pulvinusque peraeque et hic et illic
attritus, tremulique quassa lecti
argutatio inambulatioque.
nam nil stupra valet, nihil, tacere.
cur? non tam latera ecfututa pandas,
ni tu quid facias ineptiarum.
quare quicquid habes boni malique,
dic nobis. volo te ac tuos amores
ad caelum lepido vocare versu.
Bronverwysing:
Garrison, Daniel H. (Red.) 2004. The Student’s Catullus, derde uitgawe. Oklahoma: University of Oklahoma Press.