Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 February 202122 February 2021

Bester Meyer. Oppad see toe

 

Oppad see toe

 

ek stap in by die padstal

êrens naby Memel

opsoek na iets

wat moontlik

niks kan wees

en dis ʼn “môre oom”

wat my begroet –

 

dit voel

of ek

ewig snuffel

na niks

en ek dink

aan die gerintinkel

van ʼn ver

afgeleë winkel

 

aan en aan die gesnuffel

en dan dans ek

ampers

in haar vas:

“Jammer my baas”

sê sy

met ʼn tikkie vrees in haar oë

en ek antwoord:

“Nie baas nie

–  tjommie!”

 

haar verbasing

ʼn groot

sigsag glimlag –

ʼn droomgesig

wat alles

van gister wis

en straks   alles

van gister wil uitwis

 

sy slaan oor

na die derde persoon:

“Sophie se knieë

seer vandag –

Sophie sy werk so hard”

en dan om doodseker te maak:

“Jy, Tjommie?”

– “Ja, jou tjommie

nie jou baas nie”

en aan en aan

my gesnuffel

terwyl sy met seer knieë

die tafels buite die padstal vee

en ek dink

aan Sophie se moeder

wat algar dood is

aan gister se reuke

 

en wanneer dit tyd is om te groet

om my roete

na die see te volbring

en daar sterretjies skitter

oor die buitelyne

en donkerkant    van dié gedig

is dit Sophie wat glimlaggend koebaai sê: “Thando!”

en dan met ʼn skuinskop-nabetragting: “Kakulu!”

 

© Bester Meyer, 2021

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Bester Meyer. Klappers en draakeiers
Yehuda Amichai. Vertaling in Afrikaans / Bester Meyer. Die uitvindsel van woordsweef →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. George Steiner, “On Difficulty”
  • Carina van der Walt. Madeleine en Marianne (uit “Paryse Dagboek”)
  • 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)
  • Marthé McLoud. Een aand op straat
  • Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  4. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

  5. Bernard Odendaal on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk13 January 2026

    “Lostorring” het my ewe diep getref, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d