Kontinu / diskontinu
(ars poetica)
Ek onthou hoe ek afkyk
op ’n tapyt
televisieskottels
van ’n krotbuurtvallei in Algerië,
bladlelies wat dryf
op die waterloosheid …
maande daarna
waar my voete melankolies
wegsak in ’n weelderige loper
se witblompatrone
sag soos skedels in Suidoos-Asië.
En ek hoor
my binneoor sing
die lied van my brein
wat uit sy wentelbaan glip
tot muskiet
en, nog verder,
groei tot satelliet.
Enkel oog is ek dus
weldra, daar bo,
wat kýk en nie knip nie,
’n liplose soen,
nog hoër, naderhand,
ingevloog van vér buite:
uitheems, ’n sombrero
met piepklein bol in die middel,
’n vlieënde piering!
(Nie verniet
kom die gode hiernatoe vir teel nie.)
Maar, ai, omwille
daai aardse waarde genoem sluiting
(alewig die terugkarring
na die tragiese begin)
sien my liefs aan
gewoon vir wat ek is:
’n padda omhoog
wat rondomtálie
saam met sy lelie.
*
Dauer / Unterbrechung
(ars Poetica)
Ich sehe mich noch herabblicken
auf einenTeppich
aus Satelliten schüsseln
auf dem Hüttenmeer eines algerischen Tals,
das Seerosen treiben
auf der Wasserlosigkeit
und, Monde weiter,
meine Füße traurig versinken
in den weißen Blüten
eines Flurläufers, weich
wie ein Schädelfeld in Südostasien.
Ich höre es
in meinem Innenohr,
das Lied meines Hirns,
das seinem Orbit entgleitet,
Mücke wird
und schließlich, immer weiter,
Satellit.
Nichts als ein Auge
bin ich da oben, auf der Höhe,
unerschrocken, starr
wie ein Kussmund ohne Lippen,
von noch höher schließlich
segle ich herein von außerhalb,
außerirdisch, ein Sombrero
mit der kleinen Kugel in der Mitte,
eine fliegende Untertasse.
(Nicht umsonst
kamen die Götter zum Brüten her.)
Trotzdem, um dieser irdischen Sache willen,
dieses bodenständigen Dings namens Schluss
(immer die Umkehr
nach tragischem Beginn),
sieh mich lieber als das,
was ich bin:
ein Frosch
auf seiner Seerose,
die sich aufwärts dreht.
Duitse vertaling deur Sylvia Geist.
Geist is ‘n Duitse digter, romansier en essayis.
Nota:
“Kontinu/ diskontinu (ars poetica)” kom uit Al die lieflike dade (2014).
Dankie, Marianne.
Dankie vir die informasie. Ek gaan beslis daarna kyk. Jahrbuch der Lyrik was altyd ‘n gerenommeerde publikasie. Dus, geluk.
KORREKSIE: Al sou ek MY vlak van Duits so wou waan.
Middag Marianne,
Dankie vir die kompliment. Komende van jou het dit vir my veel waarde. Ja, my gedigte het al in enkele Duitse publikasies verskyn, in tydskrif en in webtydskrif. Op die web kan jy ‘n klompie van hulle op die digkunswebtuiste Lyrikline.org lees. Jy tik net my naam, of die land (Suid-Afrika) se naam in. Hierdie twee vertalings wat nou hier herplaas word, het in Jahrbuch Der Lyrik 2021 verskyn wat in April op die rakke was, en dis vertaal deur Sylvia Geist. Ek sal die webmeester moet vra om haar naam by te voeg, want soos dinge nou staan, lyk dit of ek die vertaler is, en dit is nie so nie – al sou ek die vlak van Duits graag so wou waan. 🙂 Ek het ook van Geist se gedigte in Afrikaans vertaal saam met Rentia Bartlett-Mohl. Dit het in ‘n onlangse uitgawe van Literator verskyn, en is ook herplaas hier op Versindaba. Ek dink die Duits is ook daarby.
Ek geniet jou gedigte altyd. Verskyn hulle ook in Duitse publikasies?