Osip Mandelstam. Vertaling in Afrikaans

 

Osip Mandelstam. Vertaling van Engels in Afrikaans. Vert. deur Waldemar Gouws

 

Batyushkov

Soos ‘n flaneur met ‘n towerkierie,

woon die sagte Batyushkov by my plek –

stap af in Zamostie lanings,

snuiwe aan ‘n roos, besing die lof van Zafna.

 

Sonder om in die minste te glo dat iets ons

van mekaar kon skei, het ek vir hom gebuig:

ek skud sy helder gehandskoende koue hand

in ‘n jaloerse verrukking.

 

Hy het vir my geglimlag. “Dankie,” het ek gesê,

so skaam ek kon nie die woorde uitkry nie:

niemand beheers sulke klankkurwes nie,

nog nooit was daar so ‘n taal van golwe nie.

 

Met indirekte woorde het hy ons die rykdom

en folterings laat voel wat ons met mekaar deel –

die gonsing van verse-maak, broederskap se klok

en die harmonieë van lopende trane.

 

En die een wat oor Tasso treur het my geantwoord:

“Ek is nog nie gewoond aan lofspraak nie;

ek het net per toeval my tong verkoel

met die druiwe-vleis van die poësie.”

 

Goed so, lig jou wenkbroue van verbasing,

stadsbewoner en stadsbewoner se vriend –

soos bloedmonsters, van glas tot glas

hou aan om jou ewige drome te skink.

 

18 Junie 1932

 

***

 

Batyushkov

Osip Mandelstam

 

Like a flaneur with a magic cane,

tender Batyushkov lives at my place –

wanders down Zamostie lanes,

sniffs a rose, sings Zafna’s praise.

 

Not for a moment believing that we

could be separated, I bowed to him:

I shake his brightly gloved cold hand

in an envious delirium.

 

He smiled at me. “Thank you,” I said,

so shy I could not find the words:

no one commands such curves of sound,

never was there such speech of waves.

 

With oblique words he made us feel

the wealth and torments that we share –

the buzz of verse-making, brotherhood’s bell

and the harmonies of pouring tears.

 

And the mourner of Tasso answered me:

“I am not yet used to eulogy;

I only cooled my tongue by chance

on the grape-flesh of poetry.”

 

All right, raise your eyebrows in surprise,

city dweller and city dweller’s friend –

like blood samples, from glass to glass

keep pouring your eternal dreams.

 

June 18, 1932

 

Uit: The New York Review of Books,  8  Mei 2014. Vertaal uit Russies in Engels deur Peter France.

Konstantin Batyushkov (1787-1855) is ‘n belangrike figuur in die ontwikkeling van die Russiese digkuns. Hy het jare lank aan ‘n ongeneeslike geestessiekte gely. In die vyfde strofe van bostaande gedig verwys Mandelstam na die sestiende eeuse Italiaanse digter Torquato Tasso (1544-1595) wie se werk wyd en syd gelees is tot vroeg in die twintigste eeu. Sy Gerusalemme Liberato het komponiste en digters aangespoor om hom te vereer. So het Goethe, Spencer, Milton en Byron oor hom geskryf. Ook het Monteverdi, Scarlatti, Vivaldi, Händel, Liszt en Donizetti van hul werk aan hom gewy.

Soos Batyushkov het Tasso aan ‘n geestesongesteldheid gely. Enkele dae voordat Tasso deur Pous Clemens VIII op die Kapitolynse heuwel tot koning van die digters gekroon sou word, het sy hart gaan staan.       

    

https://en.wikipedia.org/wiki/Torquato_Tasso

 

 

Eugène Delacroix: Tasso in die Hospitaal van die H. Anna se gestig in Ferrara

 

Bookmark and Share

Comments are closed.