PERSVERKLARING
24 Mei 2021
Afrika-maand – bou aan die Afrika wat ons wil hê
Op hierdie Afrikadag (25 Mei) vier AVBOB Poetry die lewe van ‘n seun van die aarde. Die digter en musikant, onderwyser en aktivis, Chris Mann, het hom in Maart vanjaar by die voorouers aangesluit. ‘n Postume publikasie van sy gedigte gebaseer op klassieke Griekse en Romeinse mites wat in ‘n Afrika-konteks afspeel, word eersdaags deur Dryad Press uitgegee.
Die fokus van vanjaar se Afrikadagvieringe is op kuns, kultuur en erfenis, en hoe om die Afrika te bou wat ons wil hê. Hierdie viering op die hele vasteland roep ons op om na diegene te kyk wat die spitwerk gedoen het om die kulturele erfenis van ons land en ons kontinent te bou.
Stel u gerus voor, die digters wat ons onlangs verloor het, nou bymekaar tydens ‘n hemelse poësielesing. Kan u ‘Bra Willie’ Keorapetse Kgositsile by die mikrofoon voorstel? Sandile Dikeni en Stephen Gray, Adam Small en Chris van Wyk het by hom aangesluit. Ons poësievoorouers lag en gesels in die flikkerende lig terwyl Chris Zithulele Mann met sy kitaar waai.
Die hele persverklaring kan by die volgende skakel gelees word:\
https://www.avbobpoetry.co.za/Blog/View/67