Terugreis
kom ons reis terug
met papier op reis terug
die trein op spoor
ontspoor ons by ʼn bruin kafee
ná ys en yslike koue
ná ’n busstop verkluim
van koue die bruin kafee
warm die hond se asem
die donker Belgiese bier
alleen dan wandelende
terug op die spoor van vertelde tyd
(hoe tyd vertel in landskap
en oopvou tot gedigte)
iets van jou
iets van herinnering
iets van liefde
van wat ook verlange
om alleen te reis beteken
om die tyd saam met jou
terug te spoor en jou terug
te vind op daardie plekke
van gister
© Alwyn Roux, 2021