Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 June 202121 June 2021

Osip Mandelstam. Vertaling in Afrikaans.

 

Osip Mandelstam. Vertaling uit Engels in Afrikaans. Vert. deur Helize van Vuuren

 

66

 

Ín in die vesting, ín in die leeukuil val ek,

om dieper en dieper en dieper te sink,

bewend onder die klank van die stortvloed –

sterker as ‘n leeu – magtiger as die Pentateug.

 

Nader en nader kom jou oproep –

na die stam se gebooie; na dié wat voorgegaan het –

in die diepte van see-pêrels,

in die nederige mandjies van Tahitiane…

 

Kontinent van géselende lied,

in die dieptes van jou ryk stem kom nader!

Die soet-wrede gesig van ryk dogters

nie jou oumagrootjie se pinkie werd.

 

My tyd is nog nie verby,

ek begelei die universele vreugde,

soos ‘n orrel in ondertone,

‘n singende vrou bly volg.

 

February 12, 1937.

 

Osip Mandelstam(1891-1938) –Tweede notaboek uit Vorónezh Notebooks  (1936-1937), 2016-vertaling Andrew Davies [ÓAfrikaanse vertaling Helize van Vuuren, 10 Mei 2021]

 

*

 

66

 

Into the fastness, into the lion’s pit I pitched,

Sinking deeper and deeper and deeper,

Trembling beneath the sound of the downpour –

Stronger than a lion – than the Pentateuch more powerful.

 

As nearer and nearer came your call –

To the tribe’s commandments, to those who came before –

In the deep of ocean pearls,

In the meek baskets of Tahitians…

 

Continent of castigating song,

In the depths of that rich voice come nearer!

The sweet-savage face of wealthy daughters

Not worth your great-grandma’s little finger.

 

My time is still not ending,

And I accompany the universal joy,

As an organ, in an undertone,

Follows a woman singing.

 

February 12, 1937.

 

Osip Mandelstam(1891-1938) –Tweede notaboek uit Vorónezh Notebooks  (1936-1937), 2016-vertaling Andrew Davies

_____________________________

 

Nota:

Die laaste drie reëls som sy lewe en werk op (Nadezhda Mandelstam in Hope against Hope, 1970:242). Die digter het geluister na Marian Sanderson, ‘n swart Amerikaanse contralto wat “spirituals” gesing het, dikwels oor Ou Testamentiese temas, en Bach, begelei deur die orrel (R & E McKane – The Moscow & Voronezh Notebooks. Osip Mandelstam. Poems 1930-1937, 2003:204). Tweede arrestasie in Mei 1938. Sterf op 27 Desember in Vladivlostok-kamp, op pad na vyf jaar harde arbeid in Siberië.

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Osip Mandelstam. Vertaling in Afrikaans
Osip Mandelstam. Vertaling in Afrikaans →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Yves T’Sjoen. Postumiteiten voor Breyten
  • Uitnodiging: ATKV-digskool, 27 – 29 Maart
  • Joan Hambidge. George Steiner en die binnespraak
  • Resensie: “Atrium” (Marlise Joubert)
  • Meyer van Rensburg. BB

Nuutste kommentaar

  1. Hein Viljoen on Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar20 January 2026

    Joan Jy skryf: "By Kouwenaar: die maan en die perse word één". Die hele ryk Persiese wêreld - Babilon, spykerskrif,…

  2. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  5. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d