Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 June 202121 June 2021

Nuwe Bundel. Maskers en mure: Saamgestel deur Daniel Hugo en Francois de Jongh

 

Omslag

 

Maskers en mure

Samestellers: Daniel Hugo en Francois de Jongh

 

Die Covid-19-pandemie het die hele wêreld onkant gevang. Dit het die afgelope agttien maande gelei tot lewensverlies en werksverlies, ’n inperking van ons bestaan en ’n algehele verandering in ons leefwyse. Te midde van een van die ergste rampe wat die mensdom getref het, moet ons probeer kophou, ook positief bly, al weet ons dié virus wag voor ons hekke en ons vensterruite. Ons moet agter maskers skuil en binne mure bly om onsself en ons gesin en ons bestaan te beskerm.

Maskers en mure is ’n omvattende digbundel oor dié pandemie: Dis die skeppende skryfwerk, in versvorm, van 142 Afrikaans digters (80 gepubliseerde digters en 62 debuutdigters) om perspektief aan dié ramp te probeer gee – hetsy deur hul ervaring van persoonlike verlies, deur hul verwoording van eensaamheid, alleenheid en vrees … maar ook deur humor en ’n soeke na perspektief en begrip.

Die digters dig in Standaardafrikaans, Griekwa-Afrikaans en Kaaps. Hulle kom nie net van reg oor Suid-Afrika nie, maar ook uit Engeland, Skotland, Kanada, Nederland, België, Pole en Taiwan.

Oor die bundel:

Maskers en mure is Covid-19 in poësie. ’n Universele pandemiese tydgleuf van inperking, vereensaming, vrees en sterftes. Statistieke word name, vriende en familie. Persoonlike ruimtes word beproef, tuisbly en saamwoon in kwarantyn is ’n nuwe dimensie. Ekonomiese rampspoed en armoede heers en politici raak stiller in hul retorika. Maskers en mure laat die digters hieroor spreek.

– Francois de Jongh

 

Deesdae leef ons almal agter maskers en mure, het min sosiale kontak en daar is ’n streep getrek deur ons daaglikse aktiwiteite. Vrees oorheers, en ons doen alles moontlik om onsself te beskerm teen ’n vyand wat onsigbaar in die strate rondsluip op soek na die volgende prooi.

Niemand kyk deur presies dieselfde lens na die pandemie en die maande van afsondering nie. Elkeen probeer dit op sy eie manier verwerk – met óf ontsteltenis, óf optimisme, óf berusting, óf humor. Die skryf van gedigte is ’n manier om te verstaan wat met die wêreld gebeur.

– Daniel Hugo

 

Maskers en mure is ’n uitsonderlike digbundel wat ’n blik gee op ’n waterskeidingstyd toe die wêreld deur ’n pandemie lamgelê is. Die emosies en perspektiewe van 142 uiteenlopende digstemme maak hiervan ’n tydkapsule vir toekomstige lesers. Hoofsaaklik bekende digters, maar ook nuwes, neem ons op ’n emosionele reis waarmee ons eie ervaring van Covid-19 sal resoneer.

– Hugo Theart, Artistieke Direkteur: KKNK

 

 

[Turksvy Publikasies 2021. Prys: R275.00. 271 bladsye. ISBN 978-0-620-92707-9]

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Nuwe Bundel. Daniel Hugo: Klinkklaar
Nuwe Bundel. Anita van der Walt: Hierdie Maandag is abstrak →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Jacques Boshoff. Ontoereikend
  • Sharon Goliath. Here Hoe Groot Is U
  • Ruan Fourie. kindness is modern magic
  • Cobus Kruger. Deepfakes

Nuutste bydraes

  • Daniel Hugo. Rust-mijn-ziel: Digters gedenk Aucamp
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Elisma van Zyl. My Magnificat
  • Johann Lodewyk Marais. Windhoek se “onvolmaakte” kunswerk
  • Resensie: “waar daar eens ’n see was” (Jennifer Pape)

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Rus in vrede Tony Ullyatt10 December 2025

    Voorwaar droewe nuus. As letterkundedosent, digter en poësievertaler ‘n uitmunter gewees.

  2. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  3. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  4. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  5. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d