Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 July 2021

Bertolt Brecht. Vertaling in Afrikaans

 

Bertolt Brecht. Vertaling van Duits in Afrikaans. Vert. deur Waldemar Gouws

 

Is verdrukking so oud soos die mos

 

Is verdrukking so oud soos die mos by die visdam?

Die mos by die visdam is nie vermybaar nie.

Straks is alles natuurlik wat ek sien, en is ek siek

en wil ontslae wees van dit wat nie te verwyder is nie?

Ek het liedere gelees van die Egiptenaars, van hul mense

wat die piramides gebou het. Hulle was gegrief oor hul laste

en het gevra wanneer die verdrukking ophou.

Dis vierduisend jaar gelede.

Verdrukking is moontlik soos mos en onvermydelik.

 

2

As ‘n kind voor ‘n kar kom, ruk mens hom sypaadjie toe.

Nie die goedhartige, vir wie ‘n monument opgerig

word, doen dit nie. Enigeen ruk die kind voor die kar weg.

Maar hier lê baie wat omgery is en baie gaan verby

en doen nie iets dergeliks nie.

Is dit omdat die wat ly so baie is? Behoort mens hulle

dan nie juis meer te help nie, daar is dan so baie?

Mens help hulle minder.

Ook die goedhartiges gaan verby en is hierna net so

goedhartig as wat hulle was voor hulle verbygegaan het.

 

3

Hoe meer daar is wat ly, hoe natuurliker lyk hul lyding dus.

Wie wil verhinder dat visse in die see nat word?

En die lydendes self deel hierdie hardheid jeens hulself

en laat toe dat welwillendheid teenoor hulself makeer.

Dit is ontsettend dat die mens hom so maklik met die bestaande

versoen, nie slegs met die lyding van vreemdelinge nie, maar ook met sy eie.

Almal wat nagedink het oor die wantoestand, verwerp dit

om ‘n beroep te doen op die medelye van een groep met ‘n ander.

Maar die medelye van die verdruktes met die verdruktes

is onontbeerlik. Dit is die hoop van die wêreld.

 

***

 

Ist die Unterdrückung so alt wie das Moos

Bertolt Brecht

 

1

Ist die Unterdrückung so alt wie das Moos an den Teichen?

Das Moos an den Teichen ist nicht vermeidbar.

Vielleicht ist alles natürlich, was ich sehe, und ich bin krank

und will weghaben, was nicht wegzubringen ist?

Ich habe Lieder gelesen der Ägypter, ihrer Leute, die die

Pyramiden gebaut haben. Sie beschwerten sich über die Lasten

und fragten, wann die Unterdrückung aufhört. Das ist

viertausend Jahre her.

Die Unterdrückung ist wohl wie das Moos und unvermeidlich.

 

2

Wenn ein Kind unter den Wagen kommt, reiβt man es auf

den Gehsteig. Nicht der Gütige tut das, dem ein Denkmal gesetzt

wird. Jeder reiβt das Kind vor dem Wagen weg.

Aber hier liegen viele unter dem Wagen und es gehen viele

vorüber und tun nicht dergleichen.

Ist das, weil es so viele sind, die leiden? Soll man ihnen

nicht mehr helfen, da es viele sind? Man hilft ihnen weniger.

Auch die Gütigen gehen vorbei und sind hernach ebenso

gütig, wie sie waren, bevor sie vorbeigegangen sind.

 

3

Je mehr es sind, die leiden, desto natürlicher erscheinen ihre

Leiden also. Wer will verhindern, daβ die Fische im Meer naβ werden?

Und die Leidenden selber teilen diese Härte gegen sich und

lassen es an Güte fehlen sich selber gegenüber.

Es ist furchtbar, daβ der Mensch sich mit dem Bestehenden

so leicht abfindet, nicht nur mit fremden Leiden, sondern

auch mit seinen eigenen.

Alle, die über die Miβstände nachgedacht haben, lehnen es

ab, an das Mitleid der einen mit den andern zu appellieren.

Aber das Mitleid der Unterdrückten mit den Unterdrückten

ist unentbehrlich. Es ist die Hoffnung der Welt.

 

Uit: Brecht, Bertolt. 2007. Die Gedichte. Frankfurt am Main: Insel Verlag (pp. 1197-1198).

 

(Brecht het hierdie gedig in 1938 geskryf.)

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Hermann Hesse. Vertaling in Afrikaans.
Bertolt Brecht. Vertaling in Afrikaans →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Antjie Krog: ʼn  Ondersoekte lewe.  ʼn Huldiging" (Louise Viljoen, Red.)
  • Resensie: "Feesmaalgang" (Dietloff van der Berg)
  • Resensie: “De ontdekking van het eiland: breytenbachiana” (Yves T’Sjoen)
  • Resensie: "Ontbloot" (Marthé McLoud)
  • Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Pochade
  • Meyer van Rensburg. Sand skiagram
  • Johann Lodewyk Marais. Gewone duiker
  • Johann Lodewyk Marais. Natuur, omgewing en klimaat
  • Paul Kloppers. let me drown (‘n klikklare kopsterf)

Nuutste kommentaar

  1. Benita Hartman on ND Cronjé. seisoene in ‘n rei10 April 2026

    Vernuftig sikleer die digter seisoene in gestroopte taal,met alle sintuie fyn ingestel - atmosferies. Puik.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Goed gaan8 April 2026

    Dankie, Paula. Ek waardeer die terugvoering.

  3. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Goed gaan8 April 2026

    'n Kragtige slot. 'n Pynlike lykdig wat 'n familieverbintenis verhaal teen die politieke agtergrond. En lyfseer aktiveer hartseer.

  4. André le Roux on Hennie Nortjé. Artemis 27 April 2026

    Die voorspelling word bevestig. Fyn opgemerk en saamgevat!

  5. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Goed gaan7 April 2026

    Dankie, Daniel. Dié veertjie van jou af steek ek ingenome in my hoed!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d