Fallen Apostrophe
As ek net die berg
kon terugkaats na jou –
hierdie berg waarna jy jou
hele lewe lank terugverlang
(het)
daardie blou blou berge
van die Boland
wat jy moes agterlaat
soos ‘n verlore tas
vol juwele foto’s sertifikate
(bewaar)
in die grimmige Transvaal
is jou ongedurigheid weemoed
‘n aanwesigheid en met jou
meerderwaardigheid afwysend
in jou lewe ongeleef verminder
(daar)
as ek net die berg
kon terugkaats na jou –
hierdie berg nou sou
ek / jy alles bepaald kon ophef
(hier)
as ek net die apostroof weer kon
(optel)
© Joan Hambidge, 2021

Lees gerus Fanie Olivier se bundel “Apostroof” (H&R 2010) hiermee saam.