HF Nortjé. Die Ruiter in Swart galop voort

 

 

 

 

Die Ruiter in Swart galop voort

 

Hy was die held van die oomblik:

Die skurke een en elk klaar gestraf,

sit hy nou fier op sy hings

en buk ver na haar af.

Slegs ‘n blitsige piksoen

op haar betraande wang

en daar galop hy

in ‘n stofwolk

sonder omkyk

met die langpad af.

 

Maar vanaand weer eensame

en alleen by sy vuurtjie,

staar hy stip na die vlamme

en dink aan die pragtige meisie

wat in aanstaande maand

se fotoverhaal wag.

 

© HF Nortjé, 2021

 

Bookmark and Share

3 Kommentare op “HF Nortjé. Die Ruiter in Swart galop voort”

  1. Richard Van Der Westhuizen :

    En sy naam is Ben. Net Ben.

  2. Linda Claassen :

    Hoe mooi op menigte vlakke is hierdie gedig nie. Dis ook so waar; as die ruiter maar net een keer wou terugkyk!!

  3. Johan le Roux :

    Die nostalgiese netjies afgestof. Sjarmante, ontnugterende slot!

Los kommentaar

 

*