Pampoendag: Breyten Breytenbach verjaar

 

 

 

Dit is vandag die verjaarsdag van die digter Breyten Breytenbach. Die Versindaba-redaksie wens hom van harte geluk met dié dag wat net eenmaal elke jaar kom en nooi alle lesers uit om hom persoonlik geluk te wens deur van die kommentaar-funksie gebruik te maak.

 

Bookmark and Share

9 Kommentare op “Pampoendag: Breyten Breytenbach verjaar”

  1. Alwyn Roux :

    Beste Breyten, baie geluk met jou verjaarsdag! Wat ‘n groot voorreg vir ‘n taal en hear sprekers om ‘n digter soos jy te kan hê. Alle voorspoed met die nuwe lewensjaar!

  2. stef cupido :

    Baie geluk Breyten! Baie dankie vir jou digters erfenis wat jy in Wellington agterlaat. Hoop jou dag is vol liefde en vers. Happy Birthday!

  3. Nini Bennett :

    Hartlik geluk met jou verjaardag, Breyten! Mag jy geseën word met borde en boordevol pampoene, poësie en goeie gesondheid. Dankie vir jou ryk nalatenskap.

  4. René Bohnen :

    Veels geluk met die verjaarsdag, mede verstekeling – mag die skip tog in aangename waters vaar. Dankie vir duisende ure se gedigte.

  5. Bester Meyer :

    laat die skepe aanhou inkom
    laat die ink vrylik vloei
    oor dit wat die niks verbeeld
    as iets wat (on)beskryfbaar is

    Van harte geluk. Mag dit ‘n wonderlike jaar wees!

  6. Stefan van Zyl :

    Veels geluk met die begin van nóg ‘n reis om die son! Mag die bome groen bly, liewe Breyten!

  7. Breyten Breytenbach :

    Liewe mense: julle moenie ‘n ou man sterk in sy kwaad nie. Hy is kapabel en gaan steel die buurmense se pampoene met die hoop dat hy nog ‘n bielie op die lyf kan loop soos die een in die foto hierbo…
    Maar baie dankie vir die mooi wense. Ek wil sê, wederom vir almal van julle. Mag die uitspanplekke van Afferkaans vir ons behoue bly. En die oorstaan werd. Soos hier op Versindaba.

    Siende ek nou die spoegbakkie gegun word, en as ek my hand mag waag aan ‘n vertaling (“alle skrywe is vertaling”): iets oor die ‘digproses’

    ink lê natuurlik
    aan die hart van dink
    en drink wat nog klink
    klaar geleeg van die dood
    se klanke

    sodat dié
    wat die ene vel oor beendere
    lê blink om ten hemele te stink
    ook weer mag sink
    in die vervaging van skrywe

    Alles wat mooi is (en daarom ondermynend)vir julle toegewens.

  8. Waldemar Gouws :

    Baie geluk met hierdie dag, Breyten! Jou ink bly vars en nuut. Voorspoed en sterkte deur die volgende siklus.

  9. Joan Hambidge :

    Hartlik geluk!

Los kommentaar

 

*