Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 October 2021

Hennie Nortjé. Ou boom

 

Ou boom

 

Pasop, hierdie boom is naalddraend.

‘n Arsenaal vol penne en steke.

Die skerpte van my gebladder

vul menigte met vrees, want wie is

ooit gereed vir soveel vingerprikke?

Was ek maar den, sipres of seder,

kon mense kersliggies aan my hang.

Heeljaar uitgelate feesmaal op

feesmaal in my skaduwee geniet.

Nadoods selfs ‘n bank van my maak,

om die trae dae om op te sit en rus.

Maar die nare werklikheid suis

dag en nag deur my afgematte takke.

Te veel slegte nuus dra ek aan:

Berigte oor verval, oor verlies,

oor talle sonne wat hopeloos

te vroeg moes onder gaan.

En na die aanslae van soveel

jare, staan ek hier stroef,

hoogs prikkelbaar

die ene barste en knoetse.

My stryd teen die oormaat soet

voer ek nogtans steeds verbete:

gewortel in Goodwood,

die ou dokter van diabetes.

 

© Hennie Nortjé, 2021

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Hennie Nortjé. Heldedade in die spens
Hennie Nortjé. Ivermectin →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Stephan du Toit. Mona Lisa
  • Hennie Maartens. agterdog

Nuutste bydraes

  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Elisma van Zyl. My Magnificat
  • Johann Lodewyk Marais. Windhoek se “onvolmaakte” kunswerk
  • Resensie: “waar daar eens ’n see was” (Jennifer Pape)
  • Linette van der Merwe. Kersfees

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Rus in vrede Tony Ullyatt10 December 2025

    Voorwaar droewe nuus. As letterkundedosent, digter en poësievertaler ‘n uitmunter gewees.

  2. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  3. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  4. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  5. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d