Elmarie van Kampen. ‘n Ouma van Huis Lenteroos

 

‘n Ouma van Huis Lenteroos

Het alte plesierig gebloos

Sê Oupa van Dyk:

“Dié COVID moet wyk

Dat ek jou kan soen, maskerloos!”

 

© Elmarie van Kampen, 2021

 

 

Bookmark and Share

Comments are closed.