Resensie: Mens dier ding deur Alfred Schaffer, in Afrikaans vertaal deur Zandra Bezuidenhout

 

 

 

 

“Mens dier ding” deur Alfred Schaffer, in Afrikaans vertaal deur Zandra Bezuidenhout (NB-Publishers, 2018). In: Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans, 27(1):119.

Resensent: Jerome Coetzee

 

Alfred Schaffer, dosent in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch en bekroonde digter, se Mens dier ding (2018) is ’n ineengevlegte meesterstuk wat die leser op ’n reis neem deur middel van verskillende genres en perspektiewe. Die vertaling deur Zandra Bezuidenhout klink eg en dra by tot die vernuwende kyk wat Schaffer bied op Thomas Mofolo se roman Chaka oor die beroemde Zoeloe-koning en die stories oor hierdie mitiese heerser waarmee die leser bekend is. Die digbundel Mens dier ding se titel gee reeds die idee dat mens, dier en ding as een konsep aan die leser oorgedra word en illustreer dat al hierdie elemente voorkom in die bundel, maar ook soveel meer. Hierdie konsepte oorvleuel en word in ’n sekere mate een, maar Schaffer bring ook hulde aan elk se uniekheid. Die foto van die man op die voorblad verbeeld hierdie idee van ineengevlegte stukke. Die man (mens) word verbind met die dier deur sy luiperdpatroonbostuk, maar die onherkenbare beeld van sy kop skep die idee van ’n ‘ding’. Ons kan dus ook aflei dat hy verteenwoordig hoe die elemente een word.

Die digbundel Mens dier ding se titel gee reeds die idee dat mens, dier en ding as een konsep aan die leser oorgedra word en illustreer dat al hierdie elemente voorkom in die bundel, maar ook soveel meer. Hierdie konsepte oorvleuel en word in ’n sekere mate een, maar Schaffer bring ook hulde aan elk se uniekheid. Die foto van die man op die voorblad verbeeld hierdie idee van ineengevlegte stukke. Die man (mens) word verbind met die dier deur sy luiperdpatroonbostuk, maar die onherkenbare beeld van sy kop skep die idee van ’n ‘ding’. Ons kan dus ook aflei dat hy verteenwoordig hoe die elemente een word.

 

Lees die hele resensie by die volgende skakel:

 

https://b3f77c64-2d72-45e8-b3d8-aba14b158ae9.filesusr.com/ugd/1ca66c_48752803bed247ee9774069d8895d487.pdf

mm

Bookmark and Share

Los kommentaar

 

*