Besoek aan Matjiesfontein
vroegaand
vind Johnny se vingers
hulle pad
na die swart
op die klavier
die karoostilte breek oop
in helder klanke –
in sy stem lê
trots, waardigheid
vrede?
loom gaste loop
nuuskierig nader
word vreemde bekendes
deur melodieë
ja, johnny- bly speel
jy is mos toergids
ʼn ster in die
klein
hart en siel
van matjiesfontein
© Salomé van Vuuren, 2021