Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
3 January 2022

Waldemar Gouws. ou indrukke

 

ou indrukke

 

steeds chronies nie rus vir jou siel nie

buiten teoreties in ‘n analis se stywe stelsel

daar sal ook na stelsels nog baie gekraai word

soveel sonne kom tog iewers op

 

want die vrug van die gees

is die hele verbeelding

 

ek het ‘n sitplek in ‘n donker kompartement

op die aandtrein na metz vanaf parys

onder die rollende honderd wiele

smelt die ys op die ysterspoor skaars

 

sy is mooi en versag versorg

met lig se inflits op ‘n stasie

en ‘n ent duskant middeljarig

sit teenoor my by die verdeelde venster

nes die lyk van ‘n mooi vrou kortliks uitgestal

in die kis van haar lewe

haar terapeut (sic) in boston eis:

reis alleen bestudeer die middeleeue

(die verenigde state leef met ‘n verstekverlede)

en vergeet van als na die wittebrood

 

– sy kies die romaanse styl en dan berlyn

 

‘n jong hiëna staan nog skraal in ‘n klein kou

in ‘n paryse dierewinkel

dit staar katatonies na sy vervreemde voorpote

– ‘n troetelskok

saam met (vir die buitestander)

‘n luislang wat geknoop slaap soos ‘n angsprobleem in ’n glaskishok

(etiket verklaar of vervals agtergrond: angola in afrika)

langs twee vrugtelose bruin vlermuise wat tesame aan een hangstokkie klou

elkeen waansinniglik te verhandel

 

in die stad val lig aan stukke

 

en die vrug van die gees

is die hele verbeelding

 

 

© Waldemar Gouws, 2022

 

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Waldemar Gouws. berigte te velde
Waldemar Gouws. met die eerste van die hittegolwe in die nuwe jaar onder vorderende klimaatverandering →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies
  • Carla Botha. Lesse in Wêreldreise
  • Stephan du Toit. Moed

Nuutste bydraes

  • Resensie: Steierwerk  deur Johan Myburgh
  • AVBOB Persverklaring
  • Wat lees jy? Living the ultimate carnivore lifestyle (Hendrik Marais)
  • Ferdi Wheeler. Remissie
  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges

Nuutste kommentaar

  1. Joan Hambidge on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges11 August 2026

    Dank. Albei is wonderbaarlike digters. Ek lees nou weer die hele Cussons en hoe sy Neruda en Borges vir ons…

  2. Mirinda on Krige Visser. lykskou10 August 2026

    Iets wat mens nooit sal vergeet nie....veral wanneer so jonk en sensitief...en die reuke sal mens altyd bybly...

  3. Eugene Vorster on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges10 August 2026

    Beste Professor Hambidge, baie dankie vir hierdie boeiende artikel. Dit inspireer ‘n mens om verder oor Borges & Cussons te…

  4. Dr PS Swathe on Resensie: “Krap – oop toe om rond uitkrap” (Koos de Wet)6 August 2026

    Naledi, wat het hier gebeur ??

  5. Hester Steenkamp on Digtersprofiel: Melt Myburgh3 August 2026

    Oewerbestaan is een van my kosbaarste besittings. Die bundel lê my baie na aan die hart.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d