Digtersprofiel: Joan Hambidge

 

 

 

Joan Hambidge is professor in Afrikaans en Kreatiewe Skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad. Sy is in 2021 aangestel as Fellow aan die Universiteit van Kaapstad waar sy die Hofmeyr-leerstoel beklee.

Sy is ’n gereelde boekresensent en skryf rubrieke oor letterkunde en films. Sy bied ’n MA-kursus in Kreatiewe Skryfwerk aan by die Universiteit van Kaapstad. Hambidge behaal twee doktorsgrade. In 2000 Gender-konstruksies in die Afrikaanse letterkunde – ’n Ondersoek in kultuurstudies, literêre teorie en kreatiewe skryfwerk aan die UK (promotor: HJ Snyman) en ‘n eerste aan Rhodes Universiteit Die metaroman – ‘n dekonstruksie-ondersoek in 1984 (promotor: AP Brink).

Hambidge debuteer in 1985 met Hartskrif. Daarna verskyn nog 25 bundels uit haar pen. Die Buigsaamheid van verdriet (2004) bevat ’n keur uit haar poësie. Vir haar digkuns is sy bekroon met die Eugène Marais-, ATKV- en Litera-pryse.

Behalwe vir haar digbundels, het Hambidge ook satiriese romans (Swart koring, Die swart sluier, Sewe Sonjas en wat hulle gedoen het) en ernstige romans (Die Judaskus, Palindroom en Kladboek) gepubliseer. Verder is sy bekend vir haar teoretiese essays. Sy is tans besig met ’n studie oor die digkuns van Johann de Lange en ‘n metaroman Stasies.

In 2021 verskyn ‘n Festschrift in Stilet.

Luister na die video-greep hier van ’n voorlesing van haar verse tydens Versindaba 2007 in Stellenbosch.

Sy is gebore op Aliwal-Noord en skoolgegaan op Witbank, in Pretoria en op Standerton. In matriek behaal sy die beheerraadsmedalje vir die beste student.

Sy studeer aan die Universiteit van Stellenbosch (1975 – 1979) en behalwe ‘n MA met lof onder leiding van Elize Botha in 1982 oor Die ek-verteller in die belydenisroman, het sy Opperman se letterkundige laboratorium bygewoon in haar derdejaar.

Vanaf 1980 – 1992 doseer sy literatuurwetenskap aan die Universiteit van die Noorde en vanaf 1992 word sy dosent aan die Universiteit van Kaapstad.

Sy het verskeie buitelandse ruimtes besoek sedert 1980 wat haar skryfwerk rig. Sy is digter, romanskrywer en teoretikus.

Sy het ‘n blog Woorde wat weeg. http://joanhambidge.blogspot.com/

Lees gerus ’n meer in diepte biografie oor Hambidge op LitNet:

https://www.litnet.co.za/joan-hambidge-1956/

 

In 2021:

 

Nomadiese sterre (Protea) en Konfessies, kaarte en konterfeitsels (Imprimatur). 2021.

 

The Coroner’s Wife. Dryad Press, Kaapstad, 2018.

Indeks. Human & Rousseau, Kaapstad. 2016.

Anti-Laius. Cape Town Opera in 2015. (libretto opera).

Matriks. Human & Rousseau, Kaapstad. 2015.

Meditasies. Human & Rousseau, Kaapstad. 2014.

Lot se Vrou. Human & Rousseau, Kaapstad. 2012.

Visums by Verstek. Human & Rousseau, Kaapstad. 2011.

Vuurwiel. Human & Rousseau, Kaapstad. 2009.

Kladboek. Protea, Pretoria. 2008.

Palindroom / Koesnaatjies vir die Proe. Genugtig uitgewers, Kaapstad. 2008.

Dad. Genugtig uitgewers, Kaapstad. 2006.

En Skielik is dit Aand. Protea Boekhuis, Pretoria. 2005.

Die Buigsaamheid van Verdriet, Protea Boekhuis, Pretoria. 2004.

Ruggespraak. Protea Boekhuis, Pretoria. 2002.

Sewe Sonjas en wat hulle gedoen het. Contentlot, Kaapstad. 2001.

Lykdigte. Tafelberg, Kaapstad. 2000.

Die Swart Sluier. Tafelberg, Kaapstad. 1998.

Die Judaskus. Kagiso/Perskor, Johannesburg. 1998.

Ewebeeld. Kagiso/ Perskor, Johannesburg. 1998.

Swart Koring. Human & Rousseau,  Kaapstad. 1996.

Postmodernisme. J.P. van der Walt, Pretoria. 1995.

Interne Verhuising. Perskor, Johannesburg. 1995.

 

Bookmark and Share

Los kommentaar

 

*