Digtersprofiele aangevra

 

 

 

Digtersprofiele aangevra

 

Aan alle digters

Versindaba se digtersprofiele is op die oomblik tot ‘n groot mate verouderd. Om dié profiele op te dateer, is uiters tydrowend en dikwels is daar nie genoeg inligting op die Internet of elders beskikbaar om ‘n betroubare profiel op te stel nie. Daarom vra ons dringend gepubliseerde digters se samewerking om ons digtersprofiele op te dateer.

Omdat ons nie in ‘n geslote enklawe bestaan nie en gevoed word deur (onder andere) die Suid-Afrikaanse Engelse digkuns en die Nederlandse digkuns, versoek ons ook Suid-Afrikaanse burgers wat al solo-bundels in Engels gepubliseer het, om hulle profiele (en enkele gedigte) te stuur. Ook Nederlandse digters is welkom om aan hierdie projek deel te neem en hulle besonderhede en gedigte aan te stuur.

Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:

  • ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
  • ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
  • ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
  • Enige ander interessante feite oor jou

 

Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.

Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com

Die bostaande adres is ook die adres waarheen digtersprofiele gestuur kan word.

‘n Versoek met Asseblief in hoofletters: JOU “TOEGANGSKAARTJIE” IS EEN OF MEER GEDIGTE WAT NOG NIE VOORHEEN GEPUBLISEER IS NIE – dit is immers Versindaba se belangrikste doel om nuwe gedigte te publiseer en so die Afrikaanse en Nederlandse digkuns te bevorder. Onthou ook dat alle gepubliseerde digters te alle tye welkom is om gedigte in te stuur vir publikasie op Versindaba.

By voorbaat baie dankie vir julle reaksie.

 

Versindaba-groete.

Marlies Taljard

(Inhoudsbestuurder/Webmeester)

 

Bookmark and Share

Los kommentaar

 

*