Margaret Cordier. Terugblik
Terugblik.
gister se reën het opgedroog
die uitspoelvoortjies lê
ingeëts aan die oppervlak
ek tel my kop op
— kyk die lug
in die oë
geen bliksem
of donder
sal my verskrik
my opvangskottel loop oor
© Margaret Cordier, 2022