Vloedramp: Laingsburg Sondag 25 Jan 1981
Die rivier wat ons dorp amper
van die map afgevee het
het ons dorp op die map gesit
ons was niks reg vir foto’s nie
als was vuil en stukkend vervalle
van die modder besmeer
behalwe die letters van sy naam –
LAINGSBURG bo teen die koppie
was te hoog vir die water
© Anton Dockel, 2022