Guillaume Apollinaire. Vertaling van Frans in Afrikaans
Guillaume Apollinaire (1880-1918). Vertaling van Frans in Afrikaans. Vert. deur Waldemar Gouws
Sugte van die kanonnier van Dakar
Dis in die loopgraaf se houthut versluier onder wilgertakke
Na aan grys kanonne gedraai na die noorde
dat ek droom van die Afrika-dorp
Waar ons gedans het waar ons gesing het waar ons seks gehad het
En lang diskoerse
Verhewe en vreugdevol
Ek sien weer my pa wat geveg het
Teen die Asjanti’s
In diens van die Engelse
Ek sien weer my suster met die gekke gelag
Met harde borste soos kanonkoeëls
Ek sien weer
My ma die towenares die enigste in die dorpie
Wat sout versmaai het
Sy maal grasgraan in ‘n vysel
Ek onthou van die so delikate so ontstellende
Fetisj in die boom
En die dubbele fetisj van vrugbaarheid
Naderhand ‘n afgekapte kop
Aan die rand van ‘n moeras
O bleekheid van my vyand
Dit was ‘n silwer kop
En in die vlei
Was die maan wat glim
Was dus ‘n silwer kop
Daar bo was die maan wat gedans het
Was dus ‘n silwer kop
En ek in die skuilplek was onsigbaar
Dus was dit ‘n kop van ‘n swarte in die diep nag
Ooreenkomste Bleektes
En my suster
Agter ‘n skutter aan later
Dood by Arras
As ek my ouderdom wou weet
Was dit nodig om daarvoor te vra by die biskop
So gaaf so gaaf met my ma
Botter botter met my suster
Dit was in ‘n hutjie
Minder primitief as ons kanonniershut in die loopgraaf
Ek het geweet van skuilplek aan die rand van die moeras
Waar die kameelperd drink bene wyd gesprei
Ek het die afgryslikheid geken van die vyand wat verwoes
Dorp
Vroue verkrag
Meisies wegvat
En seuns wie se harde agterente opspring
Ek het die administrateur weke lank gedra
Van dorp na dorp
Terwyl ek neurie
En ek was bediende in Parys
Ek weet nie wat my ouderdom is nie
Maar met rekrutering
Het hulle my twintig jaar gegee
Ek is ‘n Franse soldaat eensklaps wit gemaak
Sektor 59 ek kan nie sê waar nie
Waarom juis is wit wees beter as swart wees
Waarom nie dans en redekawel
Eet en dan gaan slaap nie
En ons skiet na die voorrade van die boche
Of na die drade voor die latte
In ‘n storm van metaal
Ek onthou ‘n skrikwekkende meer
En paartjies vasgeketting deur ‘n gruwelike liefde
‘n Nag van stommiteit
‘n Nag van heksery
Soos vannag
Waar soveel verskriklike kyke
Ontplof in die pragtige lug
***
Les soupirs du servant de Dakar
C’est dans la cagnat en rondins voilés d’osier
Auprès des canons gris tournés vers le nord
Que je songe au village africain
Où l’on dansait où l’on chantait où l’on faisait l’amour
Et de longs discours
Nobles et joyeux
Je revois mon père qui se battit
Contre les Achantis
Au service des Anglais
Je revois ma sœur au rire en folie
Aux seins durs comme des obus
Et je revois
Ma mère la sorcière qui seule du village
Méprisait le sel
Piler le millet dans un mortier
Je me souviens du si délicat si inquiétant
Fétiche dans l’arbre
Et du double fétiche de la fécondité
Plus tard une tête coupée
Au bord d’un marécage
O pâleur de mon ennemi
C’était une tête d’argent
Et dans le marais
C’était la lune qui luisait
C’était donc une tête d’argent
Là-haut c’était la lune qui dansait
C’était donc une tête d’argent
Et mois dans l’antre j’étais invisible
C’était donc une tête de nègre dans la nuit profonde
Similitudes Pâleurs
Et ma sœur
Suivit plus tard un tirailleur
Mort à Arras
Si je voulais savoir mon âge
Il faudrait le demander à l’évêque
Si doux si doux avec ma mère
De beurre de beurre avec ma sœur
C’était dans une petite cabane
Moins sauvage que notre cagnat de canonniers-servants
J’ai connu l’affût au bord des marécages
Où la girafe boit les jambes écartées
J’ai connu l’horreur de l’ennemi qui dévaste
Le Village
Viole les femmes
Emmène les filles
Et les garҫons dont la croupe dure sursaute
J’ai porté l’administrateur des semaines
De village en village
En chantonnant
Et je fus domestique à Paris
Je ne sais pas mon âge
Mais au recrutement
On m’a donné vingt ans
Je suis soldat franҫais on m’a blanchi du coup
Secteur 59 je ne peux pas dire où
Pourquoi donc être blanc est-ce mieux qu’être noir
Pourquoi ne pas danser et discourir
Manger et puis dormir
Et nous tirons sur les ravitaillements boches
Ou sur les fils de fer devant les bobosses
Sous la tempête métallique
Je me souviens d’un lac affreux
Et de couples enchaînês par un atroce amour
Une nuit folle
Une nuit de sorcellerie
Comme cette nuit-ci
Où tant d’affreux regards
Éclatent dans le ciel splendide
Uit: Apollinaire, Guillaume. 1918. Calligrammes. Poèmes de la Paix et de la Guerre (1913-1916) Paris: Mercure de France.
https://fr.wikisource.org/wiki/Calligrammes/Les_Soupirs_du_servant_de_Dakar