Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 February 202225 February 2022

Digtersprofiel: Eunice Basson

 

 

Eunice Basson is in Pretoria gebore en het aan UP en Unisa studeer. Haar professionele loopbaan het aanvanklik in die Departement Buitelandse Sake (nou Departement Internasionale Betrekkinge en Samewerking) begin maar het gou in ‘n navorsingsrigting geneig toe sy by die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN) se Sentrum vir Kunshistoriese Navorsing aangesluit het. In 1983 is sy aangestel as dosent in Kunsteorie aan UP en in 1987 in die Departement Kunsgeskiedenis, Visuele Kunste en Musiekwetenskap aan Unisa waar sy die graad D.Litt et Phil behaal het. Sy het verskeie artikels oor die Suid-Afrikaanse Kunsgeskiedenis in vaktydskrifte  gepubliseer en was mede-redakteur van die kunshistoriese vaktydskrif, de arte wat deur Unisa gepubliseer word.

Van haar gedigte is reeds in 1996 in Die Tydskrif vir Letterkunde gepubliseer.

In 2011 het sy die MA-graad in Kreatiewe Skryfkuns aan UP onder leiding van Henning Pieterse voltooi en tydens hierdie studietydperk het LAPA-Uitgewers in 2009 ’n beurs vir Kreatiewe Skryfkuns aan haar toegeken.

Sy debuteer in 2014 met die bundel Leiboom wat in 2015 gekortlys is vir die Ingrid Jonker-prys. In 2018 is haar gedig getiteld Almanak een van die drie wenners in Litnet se Tyd-skryfkompetisie.

Van haar gedigte is in die AVBOB-bundels opgeneem en in 2020 is haar werk ook opgeneem in die versamelbundel Vers & Vrou. In dieselfde jaar verskyn haar tweede bundel, By die dag, by Protea Boekhuis en in die Covid-jaar van 2021 is haar werk in die bundel Maskers en Mure opgeneem. Sy woon in Pretoria.

 

Eunice Basson foto: Phyllis Green

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Resensie: By die dag (Eunice Basson)
Digtersprofiel: Carel Antonissen →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Anne-Marie Bartie. alpha centauri
  • Stephan du Toit. Witgatboom
  • Anne-Marie Bartie

Nuutste bydraes

  • Daniel Hugo. Winternag
  • Vincent Oliphant. Soos
  • Stephan du Toit. Florence Nightingale
  • 100 Duitse Bestes: Elisabeth Borchers (1926-2013)
  • Ilse van Staden. tuiskoms

Nuutste kommentaar

  1. Aldre Lategan on Joan Hambidge. Philip de Vos – die boek op die regte oomblik11 November 2025

    Dankie, Joan, jou resensie is net so 'n lekkerte om te lees soos Philip se boek.

  2. Marlies Taljard on Nuwe publikasie: “Troilus and Criseyde” in Afrikaans vert. deur Johan Boje10 November 2025

    Besonder insiggewende inleiding wat onmisbaar is wanneer mens so 'n vertaling lees. Baie geluk met 'n wêreldklas vertaling John Boje.

  3. Peet van Schalkwyk on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek10 November 2025

    Baie dankie Vds

  4. VDS Brink on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek8 November 2025

    Peet, dit is aangrypend mooi!

  5. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)3 November 2025

    Dankie, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d