Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
4 March 20227 March 2022

Mellet Moll. Die verseëlde tyd

 

Die verseëlde tyd

(met erkenning aan Arseny & Andrei Tarkowski)

 

In hierdie 35mm film het ek leer droom

en droom ek steeds

en sal ek nog ’n laaste droom onthou

dat als herhaal, dat als herskik

en dat jy als sal sien wat ek kon sien:

 

dat ons óp die kaaie langs die Swartsee loop

en dat ons dan die trappe van Potemkin neem

af na die hawe waar ons geskaakte oorlogskip

uit Odessa teen die tsaar se vloot uitvaar

totdat sy leër uiteindelik by óns aansluit

 

en eendag sal ons weer oor die Steppe swerf

of met die M03 tussen Dovzhanski en Kiëf

sonder die vrees vir veldslae of konvooie reis

deur die ruïnes wat getuies van die inval bly

en by Poltava sal ’n Kossak vir ons waai

 

totdat ons later in teaters na die film kyk

waar ons die seun, Ivan, uiteindelik ontmoet

en sy bewussynstroom in hierdie spieël verseël:

van die Oeralberge waar die tsaar se lêplek was

en Polyushka Polye wat uit die heuwels dreun

 

ek was ‘n kers wat by sy laaste feesmaal brand.

 

© Mellet Moll, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Mellet Moll. Vaal Reefs, 10 Mei 1995
Mellet Moll. Gaston Bachelard: In ruimte, tyd en materie →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard
  • Resensie: “Strik” (Gerhard Barkhuizen)
  • Anne-Marie Bartie. Kidnapping-accused mom told State witness she sold Joslin Smith to a sangoma, court hears

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. T.T. Cloete en John Donne
  • Jakes Möller. Vergesig
  • Jacques Boshoff. Skoonmaakdag
  • Gerard Scharn. dirge
  • Willem M. Roggeman.

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Gerard Scharn. dirge5 March 2026

    Treffende ironie. Die hart sing sy solodeuntjie.

  2. Bernard Odendaal on Willem M. Roggeman.5 March 2026

    Boeiend.

  3. Willem Hendrik Meyer on Kan iemand help?4 March 2026

    Dis wel my werk wat ek gedoen het vir die Oor die einders van die bladsy projek van die Noordwes…

  4. Alwyn Roux on Kan iemand help?4 March 2026

    Hierdie is die werk van Hennie Meyer.

  5. Petra Pienaar-Nel on Joan Hambidge. T.T. Cloete en die kanon3 March 2026

    Uit watter bundel kom die gedig oor Leopold?

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d