Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 March 2022

Joan Hambidge. Vuurslag

 

Vuurslag

 

Water op die maan blyk

urine uit Apollo-14 te wees

 

‘n verlore beursie met ID

en kaarte gesteel teruggevind

 

‘n oorlog se impak op Kerkplein

met Kruger wat noord kyk nie oos

 

Alle eer aan God en nie aan mense

uit Psalm 105 was sy versoek

 

nooit op die bronsvoetstuk gebeitel

met die vier boerekrygers wat waghou

 

water op die maan blyk

urine uit Apollo-14 te wees

 

‘n verlore beursie met ID

en kaarte gesteel teruggevind

 

‘n kruis uitgekap in gevriesde water

waar die Russies-Ortodokse Poetin

 

hom doop gesondheid ter wille

gedenk die weg van Christus

 

vooraf geheilig deur ‘n priester

so die kryg en godsdiens versoen

 

oorlog en vrede woed steeds voort

in ‘n nuwe verskroeide aarde

 

water op die maan blyk

urine uit Apollo-14 te wees

 

‘n verlore beursie met ID

en kaarte teruggevind

 

Kitchener se oorlogbuit

soos boere sonder graan

 

in die Ukraïne einde van ABO

na slag van Majuba die beeld

 

van brons nie marmer

om die winters te trotseer

 

gewapende burgers op Kerkplein

deur Van Wouw in vier windrigtings

 

sittend waaksaam gespanne

met Oom Paul gemanel en kuil

 

water op die maan blyk

urine uit Apollo-14 te wees

 

‘n verlore beursie met ID

en kaarte teruggevind

 

Kitchener verbied monumente

Poetin wys ‘n ikoon af

 

beeld verskans agter ‘n heining

gevandaliseer gepetrolbom

 

1883 ZAR president ingesweer

groenspaan  vinger op sneller

 

water op die maan blyk

urine uit Apollo-14 te wees

 

‘n verlore beursie met ID

en kaarte teruggevind

 

© Joan Hambidge, 2022

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

1e kommentaar op “Joan Hambidge. Vuurslag”

  1. Jacobus Swart says:
    8 March 2022 at 06:13

    Hoogs kontrapuntaal. Die vers as ‘n geheel,
    asook die koeplette onderling besit ‘n sekere
    “tonus”; kenmerkend van die beste werk
    in enige taal.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Jacques Boshoff. Ontoereikend
  • Sharon Goliath. Here Hoe Groot Is U
  • Ruan Fourie. kindness is modern magic
  • Cobus Kruger. Deepfakes

Nuutste bydraes

  • Daniel Hugo. Rust-mijn-ziel: Digters gedenk Aucamp
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Elisma van Zyl. My Magnificat
  • Johann Lodewyk Marais. Windhoek se “onvolmaakte” kunswerk
  • Resensie: “waar daar eens ’n see was” (Jennifer Pape)

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Rus in vrede Tony Ullyatt10 December 2025

    Voorwaar droewe nuus. As letterkundedosent, digter en poësievertaler ‘n uitmunter gewees.

  2. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  3. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  4. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  5. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d