Rhopalocera I
“A butterfly flapping its wings in Brazil can produce a tornado in Texas.” – Edward Lorenz
Daar êrens in die woude van Brazil
verklap ’n reënboogskoenlapper haar vlerk.
’n Weerman loer versigtig oor sy bril:
in Texas is daar onweer opgemerk.
© Mellet Moll, 2022