Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
28 April 202217 May 2022

Versindaba: Huisreëls vir vertalers

 

Vertaalkunde is ʼn wetenskaplike terrein en vertaling is ʼn aktiwiteit wat deur vakspesialiste beoefen word. Literêre vertaling is ʼn spesialisterrein binne die Vertaalkunde en verg sowel kundigheid in vertaling as vaardigheid in die kuns van poësieskryf. Tereg word beweer dat net digters gedigte kan vertaal.

In die lig van die heersende debat oor die vertaling van gedigte, het dit nodig geword om reëls neer te lê vir die vertaling van gedigte wat aan Versindaba vir publikasie voorgelê word.

Dit is altyd verkieslik dat gedigte uit die brontaal (die taal waarin die gedig oorspronklik verskyn het) vertaal word. Daar is egter uitsonderinge op dié reël.

 

In die volgende gevalle is SLEGS vertalings uit die brontaal vir Versindaba aanvaarbaar:

Vertalings van gedigte wat oorspronklik verskyn het in

  • een van Suid-Afrika se amptelike tale,
  • alle Wes-Europese tale, hulle antieke vorme, taalvariante van dié tale of dialekte van dié tale,
  • Skandinawiese tale,
  • klassieke Grieks en Hebreeus en
  • Latyn

 

Die volgende reëls geld wanneer vertalings uit die brontaal aan Versindaba voorgelê word:

  • Die oorspronklike gedig moet die vertaling vergesel.
  • Die volgende bibliografiese besonderhede moet die vertaling vergesel: Naam en van van die oorspronklike outeur; titel van die digbundel waarin die oorspronklike gedig verskyn het; bladsynommer waarop die gedig verskyn het; datum van uitgawe; uitgewer en plek van uitgawe. LET WEL: Internetskakels word NIE as bibliografiese verwysings aanvaar nie. E-boeke en PDF-weergawes van digbundels word as hardekopieë beskou en Internetskakels kom nie in die bronverwysings daarna voor nie.
  • Vertalings van gedigte wat op enige ander wyse as in e-boeke of PDF-weergawes op die Internet verskyn, sal nie vir publikasie oorweeg word nie.

 

In die volgende gevalle is vertalings via ʼn oorbruggingstaal aanvaarbaar:

Vertalings van gedigte wat oorspronklik verskyn het in

  • enige Oos-Europese taal,
  • enige midde-Oosterse taal,
  • enige Oosterse taal,
  • enige inheemse taal van Afrika (buiten SA) en
  • enige inheemse taal van Suid- of Noord-Amerika.

 

Die volgende reëls geld wanneer van ʼn oorbruggingstaal gebruik gemaak word:

  • Die vertaler moet bewys lewer (in die bibliografie) dat hy/sy TEN MINSTE van twee of meer GERESPEKTEERDE VERTALINGS van ʼn betrokke gedig gebruik gemaak het, waarvan ten minste een van dié vertalings volledig geannoteer moet wees (d.w.s. ʼn volledige uiteensetting van vertaalstrategie moet die vertaling vergesel). Gerespekteerde vertalings is vertalings wat deur gerespekteerde uitgewers (meestal) in boekvorm uitgegee is. Verkieslik moet die vertaler vertalings van die oorspronklike gedig na meer as een taal raadpleeg. Vertalings op die Internet mag as addisionele hulp gebruik word, maar tel nie as gerespekteerde vertalings nie. Skakels na dié vertalings moet voorsien word.
  • Die vertaler moet sy/haar vertaling volledig annoteer en ʼn volledige bibliografie van die bronne wat gebruik is, voorsien soos hierbo uiteengesit.
  • Alle gedigte wat as oorbrugging gebruik is, moet die vertaling vergesel.

 

Die bostaande reëls sal toegepas word wanneer vertalings vir publikasie op Versindaba oorweeg word, maar, gegewe dat literêre vertaling ʼn kunsvorm is, sal uitsonderinge op die reëls in bepaalde gevalle oorweeg word. Alle eise wat aan oorspronklike poëtiese tekste gestel word, sal aan vertaalde gedigte gestel word, tesame met die eis van getrouheid aan die bronteks.

 

– Marlies Taljard (Inhoudsbestuurder: Versindaba)

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Louis Esterhuizen. TLS fokus op Tomas Tranströmer
Press release: AVBOB Poetry →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Jacques Boshoff. Ontoereikend
  • Sharon Goliath. Here Hoe Groot Is U
  • Ruan Fourie. kindness is modern magic
  • Cobus Kruger. Deepfakes

Nuutste bydraes

  • Daniel Hugo. Rust-mijn-ziel: Digters gedenk Aucamp
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Elisma van Zyl. My Magnificat
  • Johann Lodewyk Marais. Windhoek se “onvolmaakte” kunswerk
  • Resensie: “waar daar eens ’n see was” (Jennifer Pape)

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Rus in vrede Tony Ullyatt10 December 2025

    Voorwaar droewe nuus. As letterkundedosent, digter en poësievertaler ‘n uitmunter gewees.

  2. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  3. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  4. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  5. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d