’n Dromer op ’n liefdesreis
Corlien Jacobs
’n Dromer op ’n liefdesreis is ’n digbundel wat op verskillende aspekte van die liefde fokus – verlief wees, die diepe liefde ervaring, hunkering na liefde, verlore liefde of om jou vingers met liefde te verbrand. Alle ervaringe van liefde word uniek uitgebeeld en gevoelens van liefde word op so ’n wyse vasgevang om die leser op ’n reis te neem na eie ondervinding en ervarings reeds beleef.
Oor die outeur
CORLIEN JACOBS skryf vandat sy 13 jaar oud is en het al ’n paar kompetisies gewen. Op skool is ’n paar van haar gedigte in digbundels gepubliseer danksy dié kompetisies. Corlien het ’n passie vir poësie, maar skryf ook graag toneelstukke en probeer nou haar hand aan kortverhale en sketse.
Sy is ’n Engelse onderwyseres by ’n laerskool op Vryburg.
[Minimal Press 2022. Formaat: Sagteband. 210 mm x 148 mm. Bladsye: 60 pages. Prys: R200.00. ISBN: 978-1-7764016-3-5]