Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 June 202225 June 2022

Joan Hambidge. Opruiming 3 & 4

 

Opruiming 3

 

Met die maat wat jy meet, sal jy gemeet

word, waarsku die ou Idiomeboek, geel

gevlek deur tyd en aanpaksels dog heel.

‘n Lykskleed het geen sakke nie, jy weet.

Met die meet van dié maat, sal jy wéét.

 

 

Opruiming 4

 

Hoe skryf mens ‘n lykdig vir ‘n kantoor?

Waar plaas jy ‘n “in memoriam”

vir dié vesting van meer as 20 jaar?

 

Soveel treurverse en funeraire verse

vir geliefdes, bekendes, selfs diere.

En nou vir ‘n ruimte, ‘n plek?

 

Maar hierdie kantoor 4.16.7 dra

boekmerke, vingerafdrukke, letsels

van my bestaan: ek ken jou, jou ken ek.

 

Pakplek, veral ‘n stil getuie

van dekolonisasie, Dag O,

waterbesparing tot après le déluge:

 

#RhodesMustFall, #FeesMustFall,

Shackville, tot die virale oorlog,

almal gemasker onkant betrap.

 

Daar het ‘n brand gewoed, rakelings

hierdie kantoor net-net gemis:

‘n treurende boom swart gevlek.

 

Stil getuie van somber tye.

 

 

© Joan Hambidge, 2022

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Joan Hambidge. Opruiming 1& 2
Joan Hambidge. Opruiming 5 →

1e kommentaar op “Joan Hambidge. Opruiming 3 & 4”

  1. Karen de Wet says:
    22 June 2022 at 11:49

    Staan versteld voor die vormbeheerde verpakking (soos die oppak self, dalk) van wat duiselende belewing moet wees. Hambidge op volle toere.

    Onverwags gister Shaun de Waal gelees in Carapace se reeks “On Poetry”. Baie daarvoor en daaroor en daarteen te sê, maar dit is die idee dat poësie ons deur hekke van yster moet kan help in hierdie lewe (ja, ekskuus) waaraan ek met die lees van hierdie gedigte herinner is.

    “I want to be intrigued, enchanted, baffled. If poetry is the most concentrated form our language can take, then anything less than the best, the most personally challenging, isn’t worth bothering with. I decline to review poetry, because the worst gives me a headache and the best is unfathomable. I read it only for pleasure, and in this instance I need that pleasure to be difficult. Or it’s no use in helping one get through the iron gates of life.” (Carapce 47, p. 28)

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. vlinderslag
  • Anne-Marie Bartie. bewys van betaling
  • Marius Crous. Twee mombakkiesliedjies
  • Carla Botha. Lesse in Wêreldreise
  • Stephan du Toit. Moed

Nuutste bydraes

  • Johann Lodewyk Marais. Swartoogtiptol
  • Hennie Maartens. blommeprag
  • Joan Hambidge. Sheila Cussons en die verwikkelde lyn
  • Johann Lodewyk Marais. Seisoen
  • Koos de Wet. Onse Raka

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Joan Hambidge. Sheila Cussons en die verwikkelde lyn17 August 2026

    Marlies Taljard: Johann se Lange het destyds in "Kaapse Paragrawe" soms oor Sheila Cussons geskryf. Sien byvoorbeeld dié onderhoud wat…

  2. Andries Fourie on Andries Fourie. Soos die val van ‘n veer16 August 2026

    Baie dankie Anne-Marie!

  3. Joan Hambidge on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges11 August 2026

    Dank. Albei is wonderbaarlike digters. Ek lees nou weer die hele Cussons en hoe sy Neruda en Borges vir ons…

  4. Mirinda on Krige Visser. lykskou10 August 2026

    Iets wat mens nooit sal vergeet nie....veral wanneer so jonk en sensitief...en die reuke sal mens altyd bybly...

  5. Eugene Vorster on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges10 August 2026

    Beste Professor Hambidge, baie dankie vir hierdie boeiende artikel. Dit inspireer ‘n mens om verder oor Borges & Cussons te…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d