Gedig van die maand: Julie/Augustus

 

 

Alle gedigte wat ingestuur word deur digters wat reeds ʼn solo-bundel gepubliseer het of wie se gedigte al in versamelbundels opgeneem is, kwalifiseer as inskrywings vir die “Gedig van die maand”-kompetisie, behalwe gedigte wat spesifiek vir ander kompetisies ingeskryf word. Hierdie gedigte kan enige vorm aanneem en oor enige tema handel. Dit staan digters vry om soveel gedigte in te stuur as wat hulle wil.

Digters behou in alle gevalle kopiereg van hulle gedigte en mag dit later publiseer, verkieslik met die nodige verwysing na Versindaba.

Die kompetisie sluit op 31 Augustus 2022.

Inskrywings word gestuur aan die Inhoudsbestuurder, Versindaba, taljard.marlies@gmail.com

Die wenner van hierdie kompetisie ontvang R500 en ʼn eksemplaar van Vers en Vrou (Karen de Wet, samest.). Die tweede prys is ʼn eksemplaar van Vers en Vrou.

Die beoordelaars se besluite is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Beoordelaars wat anoniem wil bly, se name sal nie gepubliseer word nie.

 

 

 

 

Bookmark and Share

Los kommentaar

 

*