Gedigkompetisie: Tankas oor kos

 

Foto: Meinhard Peters

 

 

Versindaba nooi alle digters wat nog nie ʼn solo-bundel gepubliseer het nie, om deel te neem aan ʼn digkompetisie waarin tankas oor kos ingestuur kan word.

Die wenner ontvang R500 prysgeld en ʼn eksemplaar van Vers en Vrou (Karen de Wet, samest.) Die tweede prys is ʼn eksemplaar van Vers en Vrou.

Vereistes

  • Slegs tankas word in aanmerking geneem vir dié kompetisie. ʼn Tanka is ʼn gedig wat in sy Europese vorm 5 reëls het en uit een gedagtegang bestaan (soos ʼn haikoe). Die tanka het 31 sillabes (lettergrepe). Die eerste en derde reëls bevat gewoonlik 5 sillabes, en die ander drie reëls 7 sillabes elk.
  • Gedigte wat ingeskryf word, moet oorspronklik deur die digter self geskryf wees en mag nie reeds in ʼn versamelbundel opgeneem wees nie.
  • Digters mag maksimaal 3 gedigte vir die kompetisie inskryf.
  • Inskrywings wat op Versindaba geplaas word, mag later in ʼn bundel opgeneem word met die nodige verwysing na Versindaba. Digters behou kopiereg van hulle gedigte.
  • Digters wat aan hierdie wedstryd deelneem, mag nie ook aan die sonnetkompetisie elders op Versindaba deelneem nie.
  • Geen foto’s mag gedigte vergesel nie.
  • Die kompetisie sluit op 31 Augustus 2022.
  • Inskrywings word gestuur aan die Inhoudsbestuurder, Versindaba, taljard.marlies@gmail.com

 

Die beoordelaars se besluite is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Beoordelaars wat anoniem wil bly, se name sal nie gepubliseer word nie.

 

 

 

 

Bookmark and Share

Los kommentaar

 

*