Sonnetkompetisie: Die SA landskap

 

 Maroelaboom, Pongola (Meinhard Peters)

 

 

Versindaba nooi alle gepubliseerde digters en digters van wie al een of meer gedigte in ʼn versamelbundel opgeneem is, om sonnette in te stuur wat handel oor ʼn spesifieke landskap in Suid-Afrika, óf waarin digterlike kommentaar gelewer word op ʼn landskapsgedig van ʼn ander Afrikaanse digter.

Die wenner van hierdie kompetisie ontvang R500 prysgeld en ʼn kopie van die bundel Vers en Vrou (Karen de Wet, samest.) Die tweede prys is ʼn kopie van Vers en Vrou.

Vereistes

  • Alle gedigte wat ingestuur word, moet in die sonnetvorm geskryf wees.
  • Gedigte moet oorspronklik deur die digter wat dit instuur, geskryf wees en nog nie vantevore in druk verskyn het nie. Gedigte wat vir hierdie kompetisie ingeskryf word, mag later in ʼn bundel opgeneem word, met die nodige verwysing na Versindaba. Digters behou kopiereg van hulle gedigte.
  • Digters mag ʼn maksimum van 6 gedigte vir die kompetisie inskryf.
  • Digters wat aan hierdie kompetisie deelneem, mag nie ook aan die tankakompetisie elders op Versindaba deelneem nie.
  • Indien ʼn foto die gedig vergesel, mag dit nie van die Internet afgelaai wees nie en moet dit van goeie kwaliteit wees, ongeveer 2MB in grootte – nie groter nie. Die naam van die fotograaf moet vermeld word. Indien foto’s nie aan die vereiste voldoen nie, sal dit nie geplaas word nie. (Maksimum een foto per gedig, maar dit is NIE verpligtend nie en sal ook nie in aanmerking geneem word by beoordeling nie.)
  • Die kompetisie sluit op 31 Augustus 2022.
  • Inskrywings word gestuur aan die Inhoudsbestuurder, Versindaba, taljard.marlies@gmail.com

 

Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Indien beoordelaars verkies om anoniem te bly, sal hulle name nie gepubliseer word nie.

 

 

 

 

Bookmark and Share

Los kommentaar

 

*