Steampunk
Op ons buurplaas dink tant Mary Wessels
sy is Queen Victoria, skink vieruur
smiddags Earl Grey uit ’n silwerteepot
in Royal Albert-koppies goudgerand;
en is daar fyngebak in koek en tert.
Maar Pa het ’n lugskip wat met stoom werk
en van hier af oor hulle huis kan vlieg
dat ons vriendelik vir hulle kan wuif
en dan op die plaas Balmoral gaan land.
© Johann Lodewyk Marais
Aangrypend hoe die ouer mens die jong kind se verbeelding en ervaring vertolk.