Marlise Joubert. Ouma Bes
Familiefoto: Ouma Bessinger
Ouma Bes
My ouma was ʼn taai en ‘n bitter vrug,
maar ingestroop was sy kwepersag.
Sy kon hekel, brei en rympies maak
met haar uitgesakte lyf vol geur en lag.
Soms het sy teen ʼn plaasmuur gerou,
ma, pa, en die broers het haar ontval.
Later ook haar liewe man. Sê sy vir my:
Kind, gedigtemaak help teen die gal.
Co Marlise Joubert Aug. 2022