vir antjie
kan my nie indink
hoe dit moet wees nie:
om die straat waar jy eens gestap het
se naam vergeet en
jou in ‘n doolhof te vind
kan my nie indink
hoe dit moet wees nie:
om ‘n loaf brood te gaan koop en
dan die kleur vergeet en
huiwerig op jou tong te vind
© Selwyn Milborrow, 2022