Paul Celan. Vertalings van Duits in Afrikaans. Vert. deur Helize van Vuuren.
‘n Bytspoor in die Niet
Ook dit
moet jy bestry,
van nou af.
***
Die Spur eines Bisses im Nirgends
Auch sie
musst du bekämpfen,
von hier aus.
_____________________
Gooi die sonne-jaar waaraan jy hang,
oor hartboord
en roei voort, hongerend, kopulerend:
twee kiemselle, twee metazoa,
dit was julle,
die ongeleefde, die tuiste,
eis nou terugkeer -:
later, wie weet,
kom een van julle twee
omvormd, weer boontoe,
‘n pantoffeldiertjie,
bewimperd,
in sy wapen.
***
Wirf das Sonnenjahr, an dem du hängst,
über den Herzbord
und rudere zu, hungre dich fort, kopulierend:
zwei Keimzellen, zwei Metazoen,
das wart ihr,
das Unbelebte, die Heimat,
fordert jetzt Rückkehr -:
später, wer weiss,
kommt eins von euch zwein
gewandelt wieder herauf,
ein Pantoffeltierchen,
bewimpert,
im Wappen.
___________________________
En die tyd het gekom:
Die harsingsekel, blank,
hang aan die hemel,
omring van galgesternte,
die antimagnete, die heersers,
roer.
***
Es ist gekommen die Zeit:
Die Hirnsichel, blank,
lungert am Himmel,
umstrolcht von Gallengestirn,
die Antimagneten, die Herrscher,
tönen.
__________________
Haut mal*
Onversoende,
slaapsugtige,
deur die gode bevlekte:
jou tong is roetig,
jou water swart,
galsig jou stoelgang,
jy vloek
soos ek,
in ontugtige taal,
jy sit een voet voor die ander,
lê jou een hand op die ander,
vou ‘n karos om jou,
jy be-heilig
my lid.
***
Haut mal
Unentsühnte,
Schlafsüchtige,
von den Göttern Befleckte:
deine Zunge ist russig,
dein Harn ist schwarz,
wassergallig dein Stuhl,
du führst,
wie ich,
unzüchtige Reden,
du setzt einen Fuss vor den andern,
legst eine Hand auf die andre,
schmiegst dich in Ziegenfell,
du beheiligste
mein Glied.
– Paul Celan, Fadensonnen [Flentersonne] 1968. Afrikaanse vertaling: Helize van Vuuren, 5/11/2022
______________________
*Die titel van die gedig dui via sy verwante vorm, “grand mal”, op epilepsie. Pasternak het as regverdiging vir sy afkeer van poësie dié vorm van skrywe as ‘n soortgelyke “ernstige siekte” (d.i. “haut mal”), ge-ettiketeer.
(uit: Celan-Handbuch. Leben-Werk-Wirkung. 2e bygewerkte uitgawe, 2012:297).
______________________
Bronne:
Paul Celan. Die Gedichte. Kommentierte Gesamtausgabe in einem Band. Herausgegeben und kommentiert von Barbara Wiedemann. 2003.
Paul Celan – Verzamelde gedichten. Vert. in Nederlands deur Ton Naaijkens. 2003.
Celan-Handbuch. Leben-Werk-Wirkung. 2e bygewerkte uitgawe. Uitgewers May, Gossens & Lehmann. 2012

Die keuse van hierdie vier gedigte is interessant. Wat HvV hier opneem is getuienisse van vernietiging van intimiteit, as gevolg van ‘n afgesnyde verbinding met “n berende vergangenheid.
Die terugkeer na die ‘tuiste’ geluk nie – in gevolg van sy vlug en emigrasie, ook uit sy Jodendom. Die vakuum word vervul. In ‘n Bewegung van regresie: met grofheid en die eensaamheid van promiskuiteit ( van due ‘onversoendes’).
‘n Patroon van ‘afkappery’ verskyn: ” ook dut met jy bestry van nou af”.
In die tweede gedig verskyn die hoop dat die verwagte tyd van “nou moet jy alleen roei, hongerend, kopulierend” sal weer eindig- ba die regressie.
Die motief van’n ‘Nachtmeerfahrt'(C. G. Jung (verskyn. Celan lyk daarvan kennis te he. Hy laat ruimte vir ‘n nuwe “son-jaar”: dat ‘n nou ‘bewapende’ verbinding met Giselle Lestrange – letterlik: die ‘buitenlanderin’ sal geluk.
Vir Celan het dit nie uitgewerk nie. Sy regressie het in selfmoord geeindig. Die ‘beheiliging onder die karos geen intimiteit verskaf nie. Die beseerdes is nie verlos nie.
Celan lyk daarvan bewus te wees.
Sy misticisme lei tot geen nuwe ‘Union mystica’ maar tot die oewers van die Styx: die Seine.
Helize, Lawrence Venuti is hier tersaaklik. Moet ons die vertaling huis toe bring of wegstuur?
Vir my gevoel moet sulke name behou word. Salpeterkop is beslis nie Salt Hill nie.
Douglas Reid Skinner het plantname in ‘n Engelse gedig eerder met die Latynse name vertaal.
– klokblom, koningsklokkie, arendklou –
(“In die tuin van Emily Dickinson”) en so die gedig weggestuur.
Elke vertaling stel bepaalde eise. Vir my gevoel moet die ou name hier behou word.
En dalk in ‘n endnoot vertaal word?
Dankie, Joan
‘n Ander vraag n.a.v. jou pas-afgelope vertalingteorie kursus: ek probeer nou die “Klipwerk”-vertaling op my bostaande web-argief opdateer, m.b.v. ‘n bevriende Engelstalige digter se kommentare. Hy neig om plaas- en eiename in die gedig te vertaal in Engels (bv. Salt Hill vir Salpeterkop en Honey Mount vir Heuningkrans). Dit skrei vir my ten hemele, want dit verkrag die geografie van die Roggeveldberge wat in die vers ingebed is. Ek vermoed die name moet liewer behou word – anders word dit ‘n vaal brei sonder die aura van “die wêreld van die digter”.
Kan jy my geheue asseblief dringend verfris oor wat die gesofistikeerde vertaalteorie se standpunt oor vertaling uit ‘n bronteks oor eiename en geografiese name hieroor is? (Vandag mis ek allerseers vir De Waal Venter wat hierdie sake so op sy vingerpunte geken het…)
Ek lees hierdie vertalings met groot erkenning. Pas ‘n kursus (Honneurs) oor vertalings aangebied (Venuti en Eco).
Goeie vertalings eis meer as ‘n kennis van die oorspronklike taal. Die goeie vertaler moet die teks netjies verpak en transporteer.