Difterie-differensiasie
’n Joodse geneesheer het my van dié doodsiekte gered
en voor hy my die remedie kon gee, eers my ouers se gebed
(keelvol dat die artseny nie baat nie en kinders sterf);
toe dien hy my die grasie-middel toe en ek leef ergo, net-net.
© Meyer van Rensburg, 2023.