Vier benaderings tot die pomelotoestand
So gemaak, so laat val reg onder
die boom met stuurs vrugte.
Al teenvoeter vir bitterbek
is ʼn stewige streep suiker.
Die lewe het jou suurlemoene gegee.
Jy weet wat om te doen daarmee!
Swart van gal? Swaar van gemoed?
Ons dokter jou dat dit smaak
jy kan lemoen word.
© Elmarie Viljoen-Massyn, 2023
Baie dankie, Prof!
Regtig ‘n onthoubare gedig, Elmarie. Idiome glans sommer weer as ingespande beeldspraak.