Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
18 April 2023

Bester Meyer. Illusie van Naaste-Liefde

 

Illusie van Naaste-Liefde

 

As ek vir jou ʼn absurde vredesverdrag kan gee:

dat ek jou kan liefhê

sonder die idee van liefde (vir ʼn oomblik) –

dat ek in die deursigtigheid van my aangesig

ʼn masker kan beredder waarin

die liefde (nie) vir ʼn oomblik

kan stilstaan (nie).

 

Nee, dis nie vir my beskore om die geheim

van die kosmos te probeer voordra

soos ʼn kunswedstryd-resitasie nie.

Ek is gepoleerde asem –

ʼn is wat nie daar is nie.

Net soos ʼn stroom vol visse

waar die geheimenis van vis

só naby aan stroom is

dat die uitpluis nie anders kan

as om lyn nat te maak

in naakte waarheid

van die stroom se vaart nie.

 

Blom kom neer op blom óf stuifmeel

óf vrugbeginsel van eindes

wat verenig – aan mekaar gebind word –

soos (die) liefde wat nie daar is nie.

Níé totdat die blom

in haar glorie

tot fleur kom nie.

 

Gooi daarom die ruiker in die rivier

en hoop dat die visse

blind is vir die oë

van die waarheid.

 

© Bester Meyer, 2023

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Bester Meyer. In die maag van die vis
Bester Meyer. Dubbeldoos →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Dawerende stiltes" (Caren Kearley)
  • Resensie: "Wilma Stockenström: Met my wysvingertop" (Ronel Foster, red.)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 1)
  • Marlies Taljard gesels met Yves T’Sjoen oor "De ontdekking van het eiland" (Deel 3 - slot)
  • Joan Hambidge. Athol Harold Lannigan Fugard

Nuutste bydraes

  • Yves T’Sjoen. Postumiteiten voor Breyten
  • Uitnodiging: ATKV-digskool, 27 – 29 Maart
  • Joan Hambidge. George Steiner en die binnespraak
  • Resensie: “Atrium” (Marlise Joubert)
  • Meyer van Rensburg. BB

Nuutste kommentaar

  1. Hein Viljoen on Joan Hambidge. George Steiner en Gerrit Kouwenaar20 January 2026

    Joan Jy skryf: "By Kouwenaar: die maan en die perse word één". Die hele ryk Persiese wêreld - Babilon, spykerskrif,…

  2. Versindaba on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)16 January 2026

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas.…

  3. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het. Ek (her)lees tans Steiner se…

  4. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)15 January 2026

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

  5. Jacobus Swart on Joan Hambidge. Die digkuns as weefwerk14 January 2026

    Die digkuns is distillasie. Die taal is verhewig. Dit vereis dat die leser sy sokkies sal optrek. Want die digter…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d