Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 April 2023

Reinhard Mey. Liedvertaling in Afrikaans

 

Reinhard Mey. Liedvertaling uit Duits in Afrikaans. Vert. deur Bernard Odendaal

 

ʼn Teen-outoritêre lied deur ʼn boorling van die Berlyn van die Tweede Wêreldoorlog

 

Die 45 km lange Berlynse muur en die bykans 1 400 km lange grensversperring tussen Oos- en Wes-Duitsland was eintlik ’n konkrete uiting van die toenemende verwydering tussen die kommunistiese Ooste en die kapitalistiese Weste ná die Tweede Wêreldoorlog. Die Skandmuur van Berlyn het ’n simbool geword van die sogenaamde Ystergordyn tussen Oos en Wes – ten spyte daarvan dat die Oos-Duitse owerheid dit op verbloemende wyse as ’n “antifascistiese skanswal” of ’n “versterkte staatsgrens” bestempel het.

’n Sogenaamde “Koue Oorlog” tussen die Ooste (gelei deur Sowjet-Rusland) en die Weste (gelei deur die VSA) het gewoed. Die Koue Oorlog is gekenmerk deur ’n wedersyds versnelde wapenopbou deur, aan die Westerse kant, die NAVO-magte en, aan die Oosterse kant, die Warskouverdrag-magte. Diplomatieke en spioenasiewedywery het verskerp. Een voorbeeld is die simboliese solidariteitsbesoek deur die VSA-president John F. Kennedy aan Wes-Berlyn in Junie 1963. Daartydens het hy sy beroemd – dalk eerder: berug – geworde “Ich bin ein Berliner”-toespraak gehou, sonder om te besef dat “ein Berliner” die omgangsnaam vir ’n doughnut in Duits is.

Die eerste van ’n geskatte uiteindelike 235-tal mense is om die lewe gebring in hul pogings om die Skandmuur na Wes-Berlyn oor te steek.

Voorts is militêre dreiggebare uitgevoer wat enkele kere, soos tydens die 1961-konfrontasie tussen Amerikaanse en Sowjet-pantsereenhede by Checkpoint Charlie in Berlyn, en tydens die Kubaanse missielkrisis in 1962, so byna-byna op daadwerklike oorlogvoering uitgeloop het. Omdat die wapenwedloop die opbou en verfyning van kernwapens ingesluit het, het dié stand van sake mense wêreldwyd met vrees vervul.

Betogings en optogte is oral in die Weste gereël om hierteen te protesteer. Ook in Duitsland, waar ’n vredesmars tydens Pase 1960 plaasgevind het. Dié optog het uitgemond in die sogenaamde Ostermarsch- und Friedensbewegung (Paasloop- en vredesbeweging), met jaarlikse optogte en saamtrekke. By hierdie saamtrekke het ook ’n hele paar van die Liedermacher opgetree.

Hoewel die volgende lied eers drie dekades later geskryf is, druk dit die pasifistiese afkeer aan militarisme en outoritêre politiek by hierdie beweging treffend uit.

“Nein, meine Söhne geb’ ich nicht” (letterlik: “Nee, my seuns gee ek nie”) is geskryf deur Reinhard Mey. Hy is in 1942, midde-in die Tweede Wêreldoorlog, te Berlyn gebore. Sy hele lewe was vervleg met Berlyn: die Berlyn van die oorlogsjare; van die verplettering daarvan; van die verdeling daarná – met dit wat die Muur versimboliseer het tot die val daarvan in November 1989.

Mey is waarskynlik die belangrikste en invloedrykste van die Liedermacher. Hy is sterk deur die Franse chanson-tradisie beïnvloed. In 1968 word hy die eerste nie-Fransman wat die prys van die Franse chanson-gilde verower. Sy anti-outoritêre, pasifistiese sentimente spreek duidelik uit “Nein, meine Söhne geb’ ich nicht”.

 

Nein, meine Söhne geb’ ich nicht

 

Ich denk’ ich schreib euch besser schon beizeiten

und sag euch heute schon endgültig ab.

Ihr braucht nicht lange Listen auszubreiten,

um zu sehen, daß ich auch zwei Söhne hab’.

Ich lieb die beiden, daß will ich euch sagen,

mehr als mein Leben, als mein Augenlicht.

Und die, die werden keine Waffen tragen:

 

Nein, meine Söhne geb’ ich nicht.

Nein, meine Söhne geb’ ich nicht.

 

Ich habe sie die Achtung vor dem Leben,

vor jeder Kreatur als höchstem Wert,

ich habe sie Erbarmen und Vergeben,

und wo immer es ging Lieben gelehrt.

Nun werdet Ihr sie nicht mit Haß verderben,

kein Ziel und keine Ehre, keine Pflicht,

sind’s wert, dafür zu töten und zu sterben.

 

Nein, meine Söhne geb’ ich nicht.

Nein, meine Söhne geb’ ich nicht.

 

Ganz sicher nicht für euch hat ihre Mutter

sie unter Schmerzen auf die Welt gebracht;

nicht für euch, und nicht als Kanonenfutter.

Nicht für euch hab’ ich manche Fiebernacht

verzweifelt an dem kleinen Bett gestanden,

und kühlt’ ein kleines glühendes Gesicht,

bis wir in der Erschöpfung Ruhe fanden.

 

Nein, meine Söhne geb’ ich nicht.

Nein, meine Söhne geb’ ich nicht.

 

Sie werden nicht in Reih’ und Glied marschieren,

nicht durchhalten, nicht kämpfen bis zuletzt,

auf einem gottverlassnen Feld erfrieren,

während ihr euch in weiche Kissen setzt.

Die Kinder schützen vor allen Gefahren

ist doch meine verdammte Vaterpflicht.

Und daß heißt auch, sie vor euch zu bewahren.

 

Nein, meine Söhne geb’ ich nicht.

Nein, meine Söhne geb’ ich nicht.

 

Ich werde sie den Ungehorsam lehren,

den Widerstand und die Unbeugsamkeit.

Gegen jeden Befehl aufzubegehren,

und nicht zu buckeln vor der Obrigkeit.

Ich werd’ sie lehren ihr’n eignen Weg zu gehen,

vor keinem Popanz, keinem Weltgericht,

vor keinem als sich selber gerad’ zu stehen.

 

Nein, meine Söhne geb’ ich nicht.

Nein, meine Söhne geb’ ich nicht.

 

Und eher werde ich mit ihnen fliehen,

als daß ihr sie zu euren Knechten macht;

eher mit ihnen in die Fremde ziehen,

in Armut, und wie Diebe in der Nacht.

Wir haben nur dies eine kurze Leben,

ich schwör’s und sag’s euch gerade ins Gesicht:

Sie werden es für euren Wahn nicht geben!

 

Nein, meine Söhne geb’ ich nicht.

Nein, meine Söhne geb’ ich nicht.

 

  • Teks en toonsetting: Reinhard Mey (uit die album Alleingang, Intercord Ton GmbH, 1986; besonder treffend vind ek die opname, tussen talle ander, wat by die volgende internetskakel beluister kan word: https://www.youtube.com/watch?v=1q-Ga3myTP4)

 

***

 

Nee, my twee seuns kry julle nié

 

Ek dink ek moet betyds aan julle skrywe

en sonder omhaal sê: Bly liefs hier weg.

Onnodig hou die lysmaak jul bedrywig:

Ek hét twee seuns; is aan die twee geheg.

Vir hulle gee ek meer om, kort en kragtig,

as vir my lewe – twyfel daaroor nie.

Soldate gaan hul nie word nie, waaragtig.

 

Nee, my twee seuns kry julle nié.

Nee, my twee seuns kry julle nie.

 

Ek het probeer om agting vir die lewe,

vir elke skeppingsding ’n diep respek,

’n wil om om te gee en te vergewe,

’n deernisvolheid by die twee te wek;

ek weier dat jul als met haat bederwe.

Bombas oor “eer” en “plig” aanvaar ek nie;

om dood te maak of vir ’n saak te sterwe –

 

nee, daarvoor kry jul hulle nié.

Nee, my twee seuns kry julle nie.

 

Hul ma het pyn verduur by hul geboorte,

maar nooit in diens van julle strewe nie.

Tesaam het ons gewaak as hulle koors het,

was bang hul gaan dit nie oorlewe nie;

was ounag by die wiegie diep vertwyfeld –

maar nooit oor of jul hulle kry, of nie.

Kanonvoer word hul nooit – gaan na die duiwel!

 

Nee, my twee seuns kry julle nié.

Nee, my twee seuns kry julle nie.

 

Hul gaan nie in geledere marsjeer nie,

nie vasbyt tot ’n bitter einde nie;

op godverlate vlaktes g’n krepeer nie –

met julle knussies in die hoofkwartier!

My kinders sal ek, hoe ook al, beskerm.

’n Groter vaderplig is daar tog nie?

Ek hou dus vol, al ryg jul hóé die derms:

 

Nee, my twee seuns kry julle nié.

Nee, my twee seuns kry julle nie.

 

Hul leer om niks vir soetkoek op te eet nie,

waar nodig dwars en hardekwas te wees;

om niks van rond-beveel-word te wil weet nie,

om teenoor baasspelers maar hans te wees.

Hul leer ’n selfdeurdagte koers is beter;

by paaiboelies se wil berus mens nie;

jy moet orent kan staan voor jou gewete.

 

Nee, my twee seuns kry julle nié.

Nee, my twee seuns kry julle nie.

 

Ja, eerder sal ek met die twee op vlug slaan

as dat jul hulle julle knegte maak –

as ballinge die wêreld eerder ingaan:

vervolgdes, sonder middele, en naak …

Wat is meer werd as hierdie eie lewe?

Ek sweer, en gaan nie doekies omdraai nie:

Die vryheid is bo julle waan verhewe.

 

Nee, my twee seuns kry julle nié.

Nee, my twee seuns kry julle nie.

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

Reinhard Mey. Liedvertaling in Afrikaans →

2e gedagtes oor “Reinhard Mey. Liedvertaling in Afrikaans”

  1. Bernard Odendaal says:
    25 April 2023 at 12:06

    Dankie, Mellet. Die “verhaal” van die “Liedermacher” bly my boei. My hoogleraar in Duits van dekades gelede, prof. Klaus von Delft, het my bewus gemaak van hulle.

    Reply
  2. Mellet Moll says:
    25 April 2023 at 11:53

    Ek het nou na die lied gaan luister. Dankie, Bernard dat jy hierdie kragtige liriek toeganklik gemaak het in Afrikaans!

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Anne-Marie Bartie. alpha centauri
  • Anne-Marie Bartie
  • Stephan du Toit. Witgatboom

Nuutste bydraes

  • Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek
  • Andrea Sieberhagen. Langpad
  • 100 Duitse Bestes: Ingeborg Bachmann (1926-1973)
  • Resensie: “Briewe van heldinne: Ovidius se Heroïdes” vert. deur W.J. Henderson
  • AVBOB Persverklaring

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)3 November 2025

    Dankie, Joan.

  2. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)31 October 2025

    Was es ist! Puik vertaal.

  3. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)30 October 2025

    Dankie, Willemien du Preez. Fried skryf verrassend boeiende gedigte vol abstrakte selfstandige naamwoorde - dit waarteen gewoonlik gewaarsku word deur…

  4. Willemien du Preez on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)29 October 2025

    Suiwer eenvoud en insig in wat dit is om mens te wees. 'n Skatkis oopgemaak vir Afrikaans.

  5. Yves T'Sjoen on Resensie: “Poëme” deur Wium van Zyl29 October 2025

    Voor de collectie Ernst van Heerden in het Poëziecentrum zal de bundel van Wium van Zyl een aanwinst zijn. Is…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d