Entelegie
Spyt kom altyd by my
te vroeg in drome
alreeds gesoek na sin
en duidelike samehang.
‘n Coddiwompler dalk
in hierdie reis met kontak
soek met hulle wat reeds vertrek
het en boodskappe stuur
na die slaap-van-die-onrustiges
wat in elke droom voor dagbreek
hul stemme hoor: verbindend
getranskribeer hierdie SOS’e.
Iets van die causa finalis
bly tog steeds ontglip
ten spyte van die langtiekie
en iets soos ‘n plaastelefoon
met hulle wat steeds
dodelik bly praat in
hierdie sameklank:
‘n desperate sinsleer.
© Joan Hambidge