Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 May 2023

Tom Kannmacher. Liedvertaling in Afrikaans

 

Tom Kannmacher. Liedvertaling uit Duits in Afrikaans. Vert. deur Bernard Odendaal

 

ʼn Ouderwetse natuurlied wat toe eietyds betrokke klink

 

Deelnemers aan die Duitse Liedermacher-beweging het vanaf die middel-1970’s al hoe dikwelser indiwiduele koerse begin inslaan. Talle nuwelinge het tot die beweging toegetree. Ook wat temas en style betref, het verskeidenheid ingetree. Die Liedermacher was oral op die talryke kunstefeeste te hore, ook op radio en televisie.

Die lied wat ondertoe aan die beurt kom, en twee wat in volgende aflewerings van hierdie Liedermacher-reeks ter sprake sal kom, behoort al ’n indruk van hierdie diversiteit te gee.

Tom Kannmacher is sedert ongeveer 1970 as sogenaamde Deutsch-Folk-musikant bedrywig. Opvallend van sy werk is die talle outydse, volkse instrumente uit verskillende kulture wat hy bespeel. Voorbeelde is die “Northumbrian smallpipes”, die Ierse doedelsak of die “Uilleann pipes”, die “Irish fiddle”, die Ierse fluit, die “tin whistle”, die draailier en die vyfsnaarbanjo.

Sy “Sommerlied” (in Afrikaans: “Somerlied”) is op die oog af eenvoudig. Daar word gesing oor die somerhitte, die klein rivier waarop die skepe verbyvaar, oor die spreker wat hom na ’n nabygeleë meer begewe om in die koel water te gaan dryf en die omringende vredigheid in te drink.

Tog is die lied nie heeltemal so onskuldig nie. Die verlange om jou as ’t ware in die natuur onder te dompel, jou daarin te verfris en te reinig, en eintlik op byna mistieke wyse met die hele skepping verenig te voel, is uitdrukking van ’n tendens onder die jeug van die sestiger- en sewentigerjare, ook in Duitsland, om weg te kom van die stadslewe. Dié stadslewe het erg vertegnologiseerd en verpolitiseerd geraak – iets wat ʼn mens vandag steeds sterk aanvoel. Sommige destydse kritici het hierdie natuurliefde-tendens as ’n uiting van ’n vrugtelose ontvlugtingsdrang beskryf.

In opnames van “Sommerlied” maak Kannmacher gebruik van ’n ou, tradisionele Duitse instrument, ’n Scheitholt of Dulcimer genoem, wat ’n voorloper was van die latere siter.

 

Sommerlied

 

Die Sonne steht hoch über der Stadt,

über dem kleinen blauen Fluß;

die Schiffe ziehen ruhig durch die Strömung,

die silbernen glitzernden Wellen.

 

Die Hitze ist schwer, die Luft ist dick,

die Strasse glüht unter den Füßen.

Oh, ich glaub ich geh’ allein in einsamen See,

laß’ mich nackt ins Wasser gleiten.

 

Ich lege mich auf die kleinen Wellen

und seh’ die Wolken durch den Himmel segeln,

hör’ die Vögel singen und schrein in den Weiden,

die sich zum Wasser neigen.

 

  • Teks en toonsetting: Tom Kannmacher (vrygestel op die langspeelplaat Wackawacka Boing & Boom Boom Bang, Gatefold, 1974; ’n weergawe kan beluister word by die internetskakel: https://www.youtube.com/watch?v=nWjlz9P0K_U)

 

***

 

Somerlied

 

Die middagson straal af op die stad,

af op die diepblou, smal rivier;

die skepe trek langsaam oor sy stroming

hul silwerblink rimp’lende deinings.

 

Die hitte hang swaar, die lug soos lood;

die strate gloei onder jou voete.

O, ek dink ek kies die eenkantkoers na die meer,

waad die water binne, nakend.

 

Dan drywe ek rond op kabbelinge,

kyk hoe die wolke deur die bloute drywe,

hoor die voëltjies kwetter en tjilp, in die wilgers

geboë oor eie spieëlings.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Johann Esser en Wolfgang Langhoff. Liedvertaling in Afrikaans
Klaus Hoffmann. Liedvertaling in Afrikaans →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)
  • Resensie: “Dwaaldae” (Andrea Sieberhagen)
  • Resensie: “Klaarte” (Louis Esterhuizen)
  • Resensie: "Skulpkrale: Kwatryne" (Marié Heese)
  • Anne-Marie Bartie. verskille

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Bester Meyer
  • ND Cronjé. dna
  • Miel Vanstreels. Oorleg
  • Koos de Wet. korrosie
  • ND Cronjé. by die roggeveldberge

Nuutste kommentaar

  1. Frik Ziegler on Krige Visser. Aantrekkende naak12 June 2026

    Jou vrou gaan jou donner.

  2. Johann Lodewyk Marais on Johann Lodewyk Marais. Blesbok10 June 2026

    Dankie, Joan. As kind het ek dikwels gesien hoe van die boere om ons met blesbokke boer. Nou en dan…

  3. Piet van Rooyen on Piet van Rooyen. Variasie op Jan Blohm se “Jenny”6 June 2026

    Lyk my dis wat gebeur as 'n kabouter by Kunsmatige Intelligensie inklouter!

  4. Karin on C Fritze. Oorskot van die dag6 June 2026

    Ek verwonder my altyd aan hoe digters en skrywers se gedagtes ver paaie loop om sulke aangrypende gedigte en stories…

  5. Toekie on C Fritze. Oorskot van die dag3 June 2026

    So goed geskryf. Geniet altyd jou poësie. Sien uit na die volgende een.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d